1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
2 Korintiërs 5:16-21:
16 Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
1. Waaraan herinner Paulus die gemeente in vers 16 tot 18a? 2. Wat gebeur met ’n mens wanneer jy met God versoen word volgens vers 19 & 21? 3. Waarna verwys die ‘bediening van versoening’ na jou oordeel? 4. Hoekom dink jy word die bediening van versoening aan gelowiges toevertrou (Vergelyk vers 18 & 20)?
1. Wat kan ons as groep saam doen om as bedienaars (brugbouers) van versoening op te tree in ons omgewing? 2. Watter praktiese stappe sal julle neem wanneer jy jou eie of miskien vriende of familie wil help om gebroke verhoudings te herstel?
Lees gereeld deur die inligting oor versoening en konflikhantering wat jy ontvang het. Gebruik dit wanneer jy in 'n konfliksituasie kom of wanneer daar versoening in verhoudings nodig is. Gesels gerus met die mense in jou huis daaroor.