1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
Lukas 7:11-17:
11 Kort daarna het Jesus na 'n dorp met die naam Nain gegaan, 12 en sy dissipels en 'n hele menigte mense is saam met Hom. Toe Hy naby die ingang van die dorp kom, word daar juis 'n dooie uitgedra om begrawe te word. Hy was die enigste seun van sy ma, en sy was 'n weduwee. Byna die hele dorp se mense was saam met haar. 13 Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!” 14 Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy sê: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!” 15 Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee. 16 Almal is met ontsag vervul en het God geprys deur te sê: “'n Groot profeet het onder ons opgestaan,” en “God het na sy volk omgesien.” 17 Die berig oor wat Hy gedoen het, het deur die hele Joodse land en die omliggende gebied versprei.
1. Twee optogte ontmoet mekaar by die ingang van die stad. Deel met mekaar iets meer oor hierdie optogte wat ontmoet. 2. Waarom lees ons dat Jesus vir die weduwee innig jammer gekry het? 3. Wat doen Jesus en watter betekenis dra dit?
1. Die NG Kerk is tans in die seisoen van menswaardigheid waarin die waarde van alle mense voor die aangesig van God bely word. Waarom dink julle is hierdie seisoen juis belangrik vir ‘n kerk wat bely dat Jesus steeds dinamies besig is in die wêreld waarin ons leef? 2. Hoe sou ons hierdie seisoen meer in ons konteks kan benut?
'n Seënbede vir jou: Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde, halwe waarhede en oppervlakkige verhoudings sodat jy uit die diepte van jou hart kan leef; Mag die Here jou seën met woede oor onreg, onderdrukking en die uitbuiting van mense sodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede; Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar sodat jy ‘n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander. En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ‘n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.