1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
Johannes 4:43-54:
43 Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan. 44 Hy het self verklaar dat 'n profeet nie in sy eie land geëer word nie, 45 maar toe Hy in Galilea kom, het die Galileërs Hom verwelkom. Hulle het alles gesien wat Hy gedurende die feesvierings in Jerusalem gedoen het, want hulle was self ook by die paasfees. 46 Jesus het toe weer na Kana in Galilea toe gegaan, waar Hy die water wyn gemaak het. In Kapernaum was daar 'n sekere regeringsamptenaar wie se seun siek was. 47 Toe hy hoor dat Jesus uit Judea na Galilea toe gekom het, het hy na Hom toe gegaan en Hom gevra om te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê. 48 Jesus sê toe vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, glo julle eenvoudig nie.” 49 En toe sê die amptenaar vir Hom: “Here, kom tog voordat my kindjie sterwe.” 50 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe.” Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan. 51 Toe hy nog op pad was, het sy werksmense hom al tegemoet gegaan en vertel dat sy kind lewe. 52 Hy vra hulle toe presies wanneer hy begin beter word het, en hulle antwoord hom: “Gistermiddag eenuur het die koors hom verlaat.” 53 Die pa het toe besef dat dit op dieselfde oomblik was waarop Jesus vir hom gesê het: “Jou seun lewe.” En hy en sy hele huisgesin het tot geloof in Jesus gekom. 54 Dit was die tweede wonderteken wat Jesus gedoen het nadat Hy weer uit Judea na Galilea toe gekom het.
1. Die regeringsamptenaar kom van Kapernaum af en is heel waarskynlik nie 'n Jood nie, tog kom hy na Jesus toe. Hoekom doen hy dit? 2. En Jesus? Hoe reageer Hy wanneer hierdie man by Hom kom? 3. Hier is baie meer op die spel as net maar die regeringsamptenaar se seun wat leef. Watter implikasies het hierdie teken (wonderwerk) vir Jesus? 4. Wat het in hierdie verhaal eerste gekom? Die Geloof of die genesing? M.a.w. Het die kind begin lewe, omdat die regeringsamptenaar so geglo het? Of glo hy omdat sy kind lewe?
1. As ons hoor van wie Jesus is, volgens die Johannes evangelie, vertel mekaar van ’n geleentheid waar jy met ’n lewenskrisis na Jesus toe gegaan het? Dink ook mooi aan jou gesindheid waarmee jy na die Here gegaan het. 2. Hierdie regeringsamptenaar ontvang baie meer as wat hy verwag het. Hy ontvang redding vir homself en sy familie, nie net sy kind nie. Vertel mekaar verhale waar julle soortgelyke ervarings gehad het. 3. ’n Regeringsamptenaar wat nie deel van die volk was nie en ander idees en motiewe gehad het, kom tot geloof. Wat wil hierdie verhaal jou vertel as jou geloof ook soms wankelrig om vol ander motiewe is?
'n Gebed wat jy jou eie kan maak: Vader, Ek vertrou myself in U hande toe. Doen met my soos U goeddink. Vir alles wat U gaan doen, dank ek U. Ek is reg vir wat U beplan. Ek aanvaar U wil. Laat U wil geskied. In my en in die hele skepping. Ek hoop daarvoor bo alle dinge. Ek oorhandig my siel in U hande. Dit is ’n offer aan U vanuit al die liefde in my hart. Ek gee myself omdat ek U lief het. Ek handig alles oor, sonder enige voorbehoud en met eindelose vertroue in U, Want U is my pa. Amen.