1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
2 Timotheus 1:6-14:
6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos 'n vuur weer moet aanblaas. 7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. 8 Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie; en moet jou ook nie skaam vir my wat om sy ontwil 'n gevangene is nie. Inteendeel, dra jou deel van die ontberings vir die evangelie met die krag wat God jou gee. 9 Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het. 10 Hierdie genade is nou aan ons geopenbaar deur die koms van ons Verlosser, Christus Jesus: Hy het die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring. 11 Van hierdie evangelie het Hy my aangestel as prediker en apostel en leraar. 12 Om dié rede ly ek ook hierdie dinge. Maar dit skrik my nie af nie, want ek weet op wie ek vertrou, en ek is daarvan oortuig dat Hy magtig is om wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag dat Hy weer kom, in stand te hou. 13 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. 14 Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.
1. Daar was mense wat dit vir Timoteus baie moeilik gemaak het om die evangelie te verkondig. Wat sê Paulus in 2 T1moteus 1:6-14 vir hom hieroor? 2. Wat sou dit, volgens vers 7 en 14, vir Tlmoteus moontlik maak om te volhard en te doen wat Paulus van hom gevra het? 3. Lees weer vers 9 en 12. Paulus praat hier oor sy roeping en hoekom by nie bang is vir die uitdagings en die vervolging nie. Hoekom kon hy dit sê?
1. Wanneer jy die dinge wat jy doen vir die Here doen, hoe verander dit jou verstaan daarvan of jou gesindheid daaroor? 2. Dink aan jou passie in die lewe. Hoe kan jy hierdie passie uitleef met 'n gesindheid wat tot eer van die Here is?
Maak hierdie gebed jou eie: Here, maak my 'n instrument van u vrede. Waar daar haat is, laat my liefde bring Waar daar oortredings is, vergifnis, waar daar twyfel is, geloof. waar daar wanhoop is, hoop. waar dear duisternis iS, lig, waa{ dear droefheid is, vreugde. O, Heilige Meester, gee dat ek, in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos; om begrip te soek, ander sal verstaan; om liefde te soek, ander sai bemin. Want dit is deur te gee, dat ek ontvang; deur te vergewe, dat ek vergewe word. En dit is deur te sterwe, dat ek die ewige lewe beërwe. Amen.