1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
Kolossense 3:18-25:
18 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. 19 Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. 20 Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo. 21 Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. 22 Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met 'n opregte hart uit eerbied vir die Here. 23 Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. 25 Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie.
1. Toe Paulus hierdie brief aan die Kolossense gerig het, het hy die samelewing van die dag se reëls gebruik om vir die gelowiges te verduidelik hoe hulle moet optree. Hulle moet uitstaan in die gemeenskap. Hulle moet die reëls oortref. Wat verras jou van hierdie riglyne wat Paulus aan die gemeente gee? 2. Paulus het hierdie riglyne wat hy aan die gelowiges gee laat pas by die van sy samelewing, maar tog steeds die rolle van vrouens, kinders en slawe “opgehef” om hulle binne die geloofsgesin ‘n beter ruimte te gee. Dit het uitgebeeld dat God nie onderskeid maak in sy verhouding met mense nie. Watter dinge in julle gesinne herinner julle dat julle aan mekaar en aan God behoort? Dink bv. aan tafelgebed, Kersfees ens.
Die gedeelte in Kolossense 3:18-25 staan as die “huistafels” bekend, dit is die samelewing reëls wat Paulus vir gelowige gesinne aangepas het. Op 'n blaai, skryf “huistafels” neer wat vandag vir gelowige gesinne sal help om mekaar beter lief te hê en hulle ook help om saam as gesin ‘n getuie te wees.
By die huis kan julle gesin daaroor praat en julle eie “huistafel” opstel. Plak dit êrens in die huis op.