1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
2 Korintiërs 3:13-18:
13 Ons is nie soos Moses wat sy gesig met 'n sluier toegemaak het nie. Dit moes hy doen om te verhinder dat die volk van Israel sou sien dat die ligglans aan die verdwyn was. 14 Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met dieselfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo. 15 Maar vandag nog, elke keer as die wet van Moses voorgelees word, is daar 'n sluier oor hulle verstand. 16 Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.” 17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. 18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
1. Volgens Paulus, hoekom het Moses ’n sluier gedra? 2. Moses het ’n letterlike sluier gedra toe hy by die berg opgegaan het om die wet te kry. Paulus wil ons egter van ’n figuurlike sluier bewus maak, want mense dra. Wat bedoel Paulus hiermee? 3. Terwyl Moses voor God staan, neem die heerlikheid nie af nie. Dit hou aan straal en daarom kon hy die sluier afhaal. Soos in vers 14 bespreek, sien ons dat ons in die sluier van ons weggeneem is. Wat beteken dit? 4. Die teksgedeelte noem ons beelddraers van Christus. Wat word daarmee bedoel?
1. Met watter woorde sal jy jou beeld in die spieël beskryf? 2. As jy net een woord kan kies, wat sal dit wees? 3. Verbeel jou jy sien jouself deur die oë van ‘n ander persoon of persone. Watter woorde sal hulle kies om jou mee te beskryf? 4. Wat versluier soms die beeld van Christus in jou lewe?
Jy is bale meer as net jou beeld in die spieë1. Jy is 'n beelddraer van Christus, al het jy tekortkominge en foute. Die Gees verander jou elke dag om al hoe meer soos Christus te word. Jy is sy image in die wêreld. Jy is kosbaar.