1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
Galasiërs 4:4-7:
4 Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe 5 om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. 6 En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! 7 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.
1. In Galasiërs 4:4-7 beskryf Paulus God as die Drie-eenheid (drie Persone), maar sonder om Hom so (drie-enige God) te noem. Wat is die onderskeie rolle van die Vader, die Seun en die Heiiige Gees volgens hierdie verse? 2. Waarom is dit vir Paulus belangrik dat gemeentes en gelowiges vandag nie meer slawe genoem word nie, maar kinders van God (v 7)?
Die Vader het jou geskep. Hy het ons almal geskep. Hy het die hele aarde en die heelal geskep. Hy het nie net geskep nie. Hy onderhou sy skepping. Hy hou sy hand oor jou ook. Hy is oneindig lief vir jou. Die Seun het aarde toe gekom. Hy het jou kom verlos en jou vrygemaak. Hy het in jou plek aan ’n kruis gesterf. Hy is oneindig lief vir jou. Jesus is terug na die Vader toe, maar Hy het ons nie alleen gestuur nie. Hy het sy Gees gestuur. Die Heilige Gees is by jou, om jou te lei, te vertroos en sy verlossing in ons lewens aan te kondig. Hy is oneindig lief vir jou. Antwoord nou hierop met: “Ek loof en prys U, want U is ’n wonderlike God.”
Die inkleurprent wat jy gekry het se lyne vloei ih harmonie met mekaar. Dit beeld die harmonie van die drie-eenheid uit. Ons het ih Galasiërs gelees dat God as die Drie-enige in harmonie met Homself leef. Hy herstel ons verhouding met Hom en wil in harmonie met ons leef. Wanneer jy jou prent inkleur, dink aan fasette van jou iewe waar daar nie nou harmonie is nie. Praat met die Here in gebed daaroor.