1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
Filippense 1:9-11:
9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
1. Wat, dink jy, bedoel Paulus wanneer hy in vers 9 sê hy bid dat die gelowiges in liefde sal toeneem? 2. Paulus sê die gelowiges se liefde moet toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat hulle kan onderskei waarop dit werklik neerkom. Wat, dink jy, bedoel hy hiermee?
1. Vertel vir mekaar wat julle in elk van die vier kategorieë ingedeel het. 2. Op grond waarvan besluit jy wat is belangrik en wat is minder belangrik?
Gaan plak jou lys in jou kamer op waar jy dit elke dat sal raaksien. Laat dit jou aan jou prioriteite herinner. Lees dikwels deur jou lys, hersien jou prioriteite en pas dit aan soos nodig.