1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 3
Mattheus 7:1-6 en :12
1 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2 met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. 3 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal. 6 “Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.” 12 “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”
1. Hoe verstaan jy Jesus se opmerking: soos jy ander oordeel, sal jy geoordeel word? 2. Jesus gebruik ’n metafoor oor die balk en die splinter. Wat is die implikasie van sy woorde as Hy sê: haal eers die balk uit jou eie oog? 3. Ons moet besef dat ons nie in ’n fantasie wêreld bly nie. Mense gaan steeds veroordelend optree, al kies ons om nie so op te tree nie. Jesus nooi ons in hierdie gedeelte uit om anders te leef, want ons is burgers van sy koninkryk. Ons vestig ’n alternatiewe leefstyl. Hoe help die algemene riglyn wat Jesus in vers 12 gee ons om in ’n wêreld te leef waar mense maklik oordeel, op ander neersien en nie hou van mense wat anders as hulle is nie?
Sit rustig by jouself. Skryf op ’n papier ’n paar dinge neer wat dalk ’n balk in jou oog kan wees. Dalk persepsies oor ander. Dalk ’n fout wat jy gereeld maak 1. Ons het reeds vir mekaar gesê dat alle mense eintlik gebroke is en geneig is om te oordeel en nie ander as gelykes te hanteer nie. Ons gaan nie die dalk nou dit in die wêreld kan verander nie, maar wat gaan gebeur as ons begin om meer op te tree soos Jesus voorstel? 2. Ons moet besef dat almal maar gebroke is. Foute lê nie net by ons nie.Ander het ook splinters of selfs balke. Soms wil mense net nie verander nie. Hoe tree ons dan teenoor ander op om hulle te help om die splinter / balk uit te haal?