1. Kategese
2. Huisgeloof
Real Lewe Take 4
1 Petrus 4:
7 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. 8 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. 9 Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. 10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien. 11 As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen. 12 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie 13 Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid
1. In hierdie gedeelte gee die skrywer gelowiges riglyne vir die lewe. Wat is die belangrikste ding wat die gelowiges moet doen? 2. Op ’n ander plek in die Bybel leer Jesus ons dat ons die Here met ons hele hart, siel, verstand en al ons krag moet liefhê. Ons moet ook ons naaste so lief soos onsself hê. Hoe help die skrywer van hierdie teks ons om te verstaan hoe ons liefde kan uitleef? 3. Ons moet diensbaar volgens ons gawes wees. Hoe kan ek God volgens my unieke gawes, talente en persoonlikheid verheerlik?
1. Elkeen van ons in hierdie groep het dus iets besonders om by te dra. Dalk ken ons mekaar nog nie so goed nie of al jare, maar neem ’n oomblik om oor elkeen iets mooi te sê oor wat hulle in die groep by kan dra, volgens wat julle sover van mekaar weet. 2. Watter talente en gawes het jy wat jy kan gebruik? 3. Hoe gaan ons groep funksioneer en elkeen van ons binne die groep optree om te verseker elkeen in die groep ‘n geleentheid kry om sy/ haar unieke bydrae te maak?
Hierdie jaar baan ons saa m refs, mekaar vashau en ondersteun en vir mekaar die ruimte skep waaroor ons nou net gepraat het.