Real Lewe Take 4 |
![]() |
By die gemeente se kleingroep (kategese): Die jongmense het geleer hoe om versoening te bring in gebroke verhoudings. Hulle het 'n dokument ontvang wat hulle sal help om konflik op 'n gesonde manier te hanteer. |
Die film "inside out" vertel die verhaal van 'n dogter en haar gesin wat verhuis. Haar belewenis van die trek word uitgebeeld deur emosiekarakters binne-in haar. Toe alles vir haar te veel raak, besluit sy om na hulle ou dorp terug te gaan. Sy was baie kwaad vir haar ouers en hulle verhouding was stukkend. Kyk op Youtube na die snit"Inside out - Sadness helps Riley" (Dit sal goed wees as julle die
hele fliek kan kyk.) Wat gebeur hier tussen die dogter en haar ouers wat meebring dat hulle hulle verhouding kan herstel en met mekaar versoen kan word? Lees saam: 2 Korintiërs 5:16-21: |
Gesels saam: 1. Lees weer 2 Korintiërs 5:20-21. Wat het God gedoen om ons verhouding met Hom te herstel (om ons met Hom te versoen)? 2. In vers 17 lees ons daar het nou 'n nuwe lewe vir ons aangebreek op grond van God se versoening met ons. Hoe lyk hierdie nuwe lewe? 3. Wat beteken die woorde in vers 18 dat hierdie bediening van versoening nou ook aan ons toevertrou is? |
Leef met God se seën: Dink aan verhoudings in julle elkeen se lewe waar versoening nodig is. Gebruik die hulpmiddel wat die jongmense ontvang het as 'n riglyn en gesels oor stappe wat julle kan volg om in hierdie verhoudings versoening te bring. As julle nie die hulpmiddel gekry het nie, vra julle leraar daarvoor. Dit is hulpmiddel 2 onder Ontmoeting 9 op die DVD. |