Real Lewe Take 4
By die gemeente se kleingroep (kategese):
Die jongmense het gesels oor hoe ons Jesus sigbaar maak. Suid-Afrika het die hoogste voorkoms van seksuele geweld in die wêreld. Duisende vroue, kinders, gesinne en gemeenskappe word hierdeur geraak. As 'n teken daarvan dat geloofsgemeenskappe deernis het met die wat met hierdie werklikheid saamleef, 'n werklikheid wat hulle van hulle menswaardigheid beroof, is die jongmense uitgedaag om by die "Thursdays in Black"- veldtog in te skakel.
As ons aan uitreik dink, is ons geneig om te dink aan mense wat ons nie ken nie of wat ver van ons af woon. Uitreik is egter ook om 'n hand van liefde na familie en vriende uit te steek.

Lees saam: Lukas 7:11-17:
Gesels saam:
1. In die Bybelse tyd was vroue en veral weduwees nie bale belangrik nie. Die vrou in Lukas 7 het haar enigste seun verloor. Dit het haar situasie nog erger gemaak. In haar samelewing het sy geen identiteit en sekerheid meer gehad nie. Wat sê dit vir ons van Jesus se hart dat Hy hierdie vrou innig jammer gekry het?
2. Ons sien dat Jesus met liefdevolle oë na mense en die hele wêreld kyk. Hoe sal ons na die wêreld kyk as ons deur Jesus se oë sou kyk?
3. Ons verteenwoordig Jesus hier op aarde. Ons is sy hande en sy voete. Is daar dalk mense rondom jou wat jy innig jammer (moet) kry?


Leef met God se seën:
Dink verder oor die mense wat julle nou genoem het. Hoe kan julie prakties betrokke raak by hulle nood of hulp verleen? Bid nou saam vir hierdie mense.