Real Lewe Take 4
By die gemeente se kleingroep (kategese):
Die jongmense het meer oor Johannes se Evangelie geleer en vanuit hierdie Evangelie oor geloof gepraat. Hulle het afgesluit deur 'n gebed van Charles de Foucauld saam te bid.
Ons dink baiekeer ons moet die iiefde van die Here verdien of lets slegs doen om dit te verloor. Het jy al ooit gevoel jy moet die Here se liefde verdien? Het jy al ooit gewonder of Hy jou regtig liefhet?

Lees saam: Johannes 4:43-54:
Gesels saam:
1. Jesus het die amptenaar se seun gesond gemaak sonder dat die amptenaar iets hoef te gedoen het. Hy het nie geglo of sy sonde bely nie. Wat sê dit vir ons van Jesus?
2. Jesus het hierdie opmerking gemaak: "As julle nie tekens en wonders sien nie, glo julie eenvoudig nie" Wat leer ons oor mense deur hierdie woorde van Jesus?
3. Dink julle dit is waar dat mense eers antwoorde wil hê voordat hulle glo?


Leef met God se seën:
In Johannes 4:43-54 sien ons dat Jesus sy hand eerste uitgestrek het. Net so het God met jou doop sy hand eerste na jou toe uitgesteek. 'n Baba ontvang die doop sonder dat hy of sy iets hoef te doen, soos om te glo, te bely of selfs te verstaan. Ons ontvang God se genade en liefde verniet. En sy genade is groter as enige foute, sonde of besluite in ons lewe.
Voorstel: Vertel as ouers vir julle kinders van die dag toe hulle gedoop is. Wie was aimal daar? Wie het hulle gedoop? Waar is hulle gedoop? Watter klere het hulle aangehad? Kyk gerus na fotos of videos van daardie dag.