Real Lewe Take 4 |
![]() |
By die gemeente se kleingroep (kategese): Die jongmense het gesels oor die dinge waaroor hulle passievol is en hoe hulle dit tot eer van die Here kan uitleef. Aan die einde het hulle twee-twee saam gebid en mekaar met 'n seengebed uitgestuur. |
God roep ons elkeen om die wêreld 'n beter plek te maak. Dit is
belangrik om jou lewe lank hierdie roeping te ontdek en te herontdek. Lees saam: 2 Timotheus 1:6-14: |
Gesels saam: 1. Wat val jou op van Paulus se passie vir sy roeping? 2. Hoe het Paulus dit reggekry om te volhard? 3. Ons dank baiekeer as ons 'n verskil wil maak, moet ons net betrokke raak by alles wat ons opgewonde maak. Maar dalk wil die Here ons ook gebruik om onreg, probleme of verliese wat ons ongemaklik of kwaad laat voel, reg te stel. Wat maak jou kwaad? Hoe kan jy daaraan 'n verskil maak? |
Leef met God se seën: Kyk saam na die Youtube-video "How to change the world (a work in progress)" Watter passie het jy wat die wêreld 'n beter plek kan maak? |