Real Lewe Take 4
By die gemeente se kleingroep(kategese):
Die jongmense het oor ouerskap gesels en saam oor gesonde families gedink. Die jongmense het die "reëls" of waardes van die "huistafel" neergeskryf. Dit is reëls en waardes waarvolgens ons as gelowiges kan leef. Dink saam oor hoe julle "huistafel" in julie huis kan lyk. Plak dit êrens op waar julie dit gereeld sal sien.
Huishoudings verskil en families lyk nie almal dieselfde nie. Tog is die Here by elke huis teenwoordig.

Lees saam Kolossense 3:18-25:
Gesels saam:
1. Paulus gee hier riglyne vir die huisgesinne in sy samelewing. Die samelewing van vandag lyk bale anders; daarom kan ons hierdie riglyne nie presies so op ons families vandag toepas nie. Tog is daar sekere waardes wat steeds geld. Watter waardes dink julle geld vandag nog?
2. Watter ander belangrike waardes, wat nie hier genoem word nie. wil julie byvoeg?


Leef met God se seën:
Teken en/of skryf julle huisgesin se storie neer. Dink byvoorbeeld aan geboortedatums, plekke waar julle gewoon het, onvergeetlike vakansies, teleurstellings en hoogtepunte. Kyk na julle stone. Wat Is julle sterkpunte? Waaraan moet julle nog werk?