| Real Lewe Take 4 |
![]() |
|
By die gemeente se kleingroep (kategese): Die jongmense het gehoor hoe kosbaar hulle is. Hulle is die beelddraers van God. Sy verteenwoordigers op aarde. |
|
Kyk saam na "Lion King, remember who you are (scene)" op Youtube. Simba was eintlik die koning, maar weens al die leuens en trauma van sy veriede het hy dit nie uitgeleef nie. Wat moes hy oor homself en sy pa herontdek om sy regte plek in die samelewing in te neem? Lees saam 2 Korintiërs 3:13-18: |
|
Gesels saam: 1. 2 Korintiërs 3:1 3-18 praat van die beeld (eienskappe) van Christus. Wat, sou julle sê, is Jesus se karaktereienskappe? 2. Ons lees in Genesis 1 dat ons vo]gens die bee]d van God geskep is. Ons lees hier in 2 Korintiërs dat ons al meer na Jesus se beeld verander word. Tog is dit soms moeilik om die karaktereienskappe van Jesus wat ons so pas genoem het, uit te leef. Wat maak dit vir ons moeilik om so te leef? 3. Ten spyte van ons tekortkominge aanvaar die Here ons net soos ons is, maar Hy verander ons ook elke dag al hoe meer na sy beeld deur die werk van die Heilige Gees. Hoekom is dit dan vir gelowiges so belangrik om toe te laat dat die Heiiige Gees ons vorm? |
|
Leef met God se seën: Ons almal weerspieël iets van God. Gee vir elkeen in die huis 'n beurt om vir die ander te vertel van een spesifieke manier waarop hulle die beeld van God in hulle sien.. |