Real Lewe Take 4 |
![]() |
By die gemeente se kleingroep(kategese): Die jongmense het oor die Drie-eenheid gesels en met lofprysing afgesluit. Hulle het 'n meditatiewe inkleurprent ontvang om hulle te herinner aan die harmonie waarmee God met Homself en met ons leef. |
Ons aanbid die een God wat ons op drie maniere leer ken het: God die
Vader, God die Seun, en God die Heilige Gees. Ons leer ken die Vader as
Skepper en Onderhouer. Jesus het as mens ons Verlosser geword. Die Gees
lei ons en is ons Voorspraak. Lees saam: Galasiërs 4:4-7: |
Gesels saam: 1. Paulus beskryf God hier as Drie-eenheid (drie Persone) sonder om Hom so (drie-enige God) te noem. Wat is die onderskeie rolle van die Vader, die Seun en die Heilige Gees volgens Galasiërs 4:4-7? 2. Watter gedagtes oor God kom by jou op wanneer jy hoor God die Vader het jou geskep en onderhou steeds sy hele skepping? 3. Wat dink jy van die waarheid dat God in Jesus Christus mens geword en so vir jou verlossing gebring het? 4. Watter emosies kom by jou op wanneer jy hoor God die Heiiige Gees is altyd by jou en lei jou? |
Leef met God se seën: Hier is nog beelde om die Drie-eenheid te verduideiik, wat dit dalk makiiker sal maak om te verstaan: (1) 'n Man is 'n lewensmaat vir sy vrou, 'n pa vir sy kinders en 'n kollega vir die mense saam met wie hy werk; tog bly by net een mens. (2) Water kom in drie vorme voor: vloeistof, ys of stoom; tog is dit almal verskillende vorms van H2O. AI hierdie beelde wat ons gebruik om die Drie-eenheid te verstaan, bly gebrekkig. tog kan dit ons help om iets van God te verstaan. Die felt dat ons God nie volkome kan verstaan of verduidelik nie, moet ons nie moedeioos maak nie, maar ans juis gerusstel. God is groter as ons gedagtes. Verheerlik God nou in sy grootheid met julle gebede |