Real Lewe Take 4
By die gemeente se kleingroep (kategese):
Die jongmense het oor gesonde prioriteite gesels en 'n lys met prioriteite vir hulle lewe opgestel. Hulle sal die lys opplak waar hulle dit elke dag sal raaksien.
Gesels saam hieroor: "Die meeste mense staan te veel tyd af aan wat dringend is eerder as aan dit wat belangrik is" - Stephen Covey

Lees saam: Filippense 1:9-11:
Gesels saam
In Filippense 1 :9-1 1 sien ons dat verhoudings belangrik is. In 'n gesin moet ons begrip en 'n fyn aanvoeling vir mekaar hê. Hoe ontwikkel ons hierdie begrip en fyn aanvoeling? Ons moet vir mekaar tyd maak om hierdie begrip en fyn aanvoeling te ontwikkel. Hoe gaan julle seker maak julle bring gehaltetyd saam deur?

Leef met God se seën:
Hierdie gehaltetyd verg beplanning en prioritisering. demand wdt gesonde prioriteite het, sê soms nee vir goeie dinge omdat hulle ander belangrike dinge gekies het. Stel 'n lys op van alles waaraan almal in julle huis hulle tyd afstaan. Teken die label hier langsaan oor op 'n groot vel papier, maar met leë blokke. Deel julle lys aktiwiteite in die verskillende kategorieë in. Julle kan op die internet meer oor hierdie tabel lees deur in te tik: Stephen Covey Time Management Matrix.