Real Lewe Take 4 |
![]() |
By die gemeente se kleingroep (kategese): Die jongmense het oor ons vooroordele gesels. Hulle het 'n persoonlik brief geskryf oor dinge wat "balke" in hulle oë kan wees en waardeur hulle na mense en die wêreld kyk. |
Ons kan maklik kwaad of jaloers raak oor die dinge wat ander het wat ons ook graag wil hê. Ons wil meer hê terwyl ons reeds soveel geleenthede, voorregte en besittings het. Gelowiges word daarom genooi om dit wat hulle het, en dit waarna hulle streef. tot eer van die Here en tot voordeel van ander te gebruik. Lees saam: Mattheus 7:1-6 en :12 |
Gesels saam: 1. Wat bedoel Jesus met die vergelyking tussen die splinter en die balk? 2. Wat in julle huis kan 'n balk wees en julie verhoed om 'n mooi beeld te sien? |
Leef met God se seën: Beplan as huisgesin 'n aktiwiteit waardeur julie iets vir iemand in julle gemeenskap kan beteken. Hou 'n dinkskrum hieroor. Dit kan enigiets wees van 'n telefoonoproep en kospakkies tot om iemand se huis te gaan skoonmaak. |