Real Lewe Take 4 |
![]() |
By die gemeente se kleingroep (kategese): Die kleingroep by die kerk het nader aan mekaar gegroei en besluit om mekaar vanjaar te ondersteun en meer van die Here, mekaar en die wêreld te leer. |
Gaan sit saam as huisgesin op 'n plek waar julie rustig kan gesels.
Praat oor die jaar wat voorlê. Waaroor is julle opgewonde? Watter
uitdagings lê vir julle voor? Lees saam: 1 Petrus 4: |
Gesels saam: 1. Hoe moet ons volgens 1 Petrus 4:7-11 teenoor mekaar optree? 2. Hierdie verse vertel vir ons dat ons mekaar volgens ons gawes moet dien. Watter gawes dink julle het elkeen in julle huts? 3. Hoe gaan julie mekaar hierdie jaar met julle gawes dien en iiefhê? |
Leef met God se seën: Maak vir julie 'n jaarbeplanner om julle te help om mekaar deur die jaar heen te ondersteun. Omkring byvoorbeeld belangrike datums soos verjaarsdae en doopdatums op 'n almanak en sit dit teen die yskas vas. Maak vaste afsprake met mekaar om saam te eet. saam stiltetyd te hou, en by die gemeente en gemeenskap betrokke te raak. Skep nuwe familietradisies en vier ou familietradisies. |