Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Vanoggend skryf ek met 'n dankbare hart. Die Here het ons weer genade betoon en goed aan ons gedoen. Die Here het SuMari van kanker genees! Ons loof en prys hom vir hierdie wonderlike genade wat sy kon beleef en ons saam met haar en haar gesin kon vier. Tegelykertyd bid ons met hernuwde ywer vir Annemari (kanker); Attie (kanker); Theuns (kanker) Andre en Cindy (kanker); Richard (kanker). So ook vir Oba, Rina, Ester, Susan, Kobus Jordaan, Koos van Zyl, Magda B, en ander wat vir opreasie gaan of tans herstel na operasie, of net met ernstige gesondheisprobleme worstel. Bid asb saam met my vir hul genesing. Ons visie is elke gemeentelid 'n getuie. Nou elke mes is 'n getuie van iets of iemand, die meeste is 'n getuie van hulself. Ons wil bid dat elkeen wat hom of haarself 'n lidmaat van hierdie gemeente noem, 'n aktiewe getuie sal wees van dit wat God doen. Dat ons vrylik, met vrymoedigheid sal praat oor God en oor wat God in ons lewens doen. Soos die gemeente in Handelinge 4. En ons bid daarvoor omdat ons God nog meer wil eer en verheerlik in hierdie gemeente. Ook met ons lewens. Ons dank die Here vir ons doop en vir die nagmaal wat ons gister weer kon beleef. God is so goed vir ons. Genade op genade. Kan ons ook bid dat ons almal, elke lidmaat, ons hele lewe aan die Here sal oorgee vir Sy bestuur. Dat Hy ons kan lei soos Hy wil, ons kan stuur en gebruik om Sy lewende water te laat vloei na waar en na wie Hy wil. En kan ek vra of jy nie sommer ook deel van die antword wil wees deur self te gaan en self eerste oor te gee en so 'n voorbeeld te wees van oorgawe vir almal wat jou ken of ontmoet? Dit beteken dat jy nie sal kan bly soos jy is nie. Ons sal almal nog meer moet verander en op sommige terreine dalk radikaal boonop. Ek sê dikwels vir myself en in my vriendelring: jou grootste toets vir oorgawe aan God en vertroue in die Here lê in jou finansies. Jou dankoffer. Jou stil stil skenk van kos of wat ookal aan mense in nood en en en. Daar beleef 'n mens dat die Here ander idees het oor ons fondse as wat ons dikwels self het. En dat die Here nie met 'n tekort ingesteldheid werk nie maar met een van daar is genoeg, selfs meer as genoeg. Rondom tydsbesteding bluf ons onsself dalk ook? Met 'n paar minute of 'n halfuur of so stiltetyd, waarna die Here nie meer deel van ons gesprekke en doen en late is nie. Ook hier kan ons dalk meer tyd vir 'n paar minute se gebed inwerk, en of net deurlopend die Here te erken as deel van dit waarmee jy besig is. Ons moet bid vir die ekonomie. Ek hoef seker nie te sê hoe erg dinge skeefloop nie. Bid vir die regering. As die Here hulle nie verander en wysheid gee en tot omkeer bring is ons gedoem. Moet egeter nie jou vertroue hierin op mense sit nie, maar op die Here. Hy alleen is ons Konning en ons Hoop. Bid vir ons jeug. Hulle is die kerk van more. Die Algemen Sinode vergader 6-11 Oktober 2019. Bid asb nou reeds dat die Here met krag in die afgevaardigdes sal werk en dat hulle die Here se stem duidelik sal hoor in al die sake maar veral ook in die netelige sake wat gaan dien. Dannkie vir u getroue voorbidding.