Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Ek dink 'n groot bekommernis in ons almal se lewens is die stygende misdaad vlakke. Dalk is dit net 'n persepsie (ek het nie syfers nie) maar die uus word gedomineer deur plaasmoorde, geweldadige huisbrake, onderwysers wat by skole geskiet word en so kan 'n mens aangaan. Kom ons bid vir die slagoffers vir heelword, genesing of wat ookal ter sprake mag wees. Vir die oortreders / misdadigers bid ons bekering en dat hulle gevang mag word en die gereg effektief en presies sal werk. So ook met korrupsie. Ons bid vir die ekonomie. Agter baie van die diefstal lĂȘ daar honger en pogings om 'n gesin te voed (baie verkeerde manier om te steel net om jou kinders kos te gee, ek weet). bid vir die ekonomie om te swaai; makliker wetgewing rakende arbeid en die begin van nuwe besighede. Ensomeer Vir die gemeente: Siekes: Frank; Attie; Sumari; Richard; Oba; Andre en Cindy;Piet. Oorlede: Dink asb aan die janse van Rensburgs (Rita is oorlede) en aan die Bothas (Elize is oorlede). Albei is baie onverwags van ons af huis toe geneem, na die Here. Dra die families in u gebede asb. Dat ons sal groei in Jesus se liefde. Dat ons sal vergewe soos Hy ons vergewe. Dat Hy ons alles in alles sal wees: ons closure, ons krag, ons besluitneming en en en .. Dat ons God op elke manier denkbaar sal eer. Ook in ons dankoffers. Bid vir die Wildsfees se reelings en als wat in plek moet kom en nog gebeur voor 20 Julie. Bid vir Sondag se erediens. Sonder ons gebede kan ons maar die diens los. Bid vir die regering.