Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie dag. More is Jeugdag. Kom ons gebruik die dag om te bid vir die jeug. En vir die mense wat met die jeug werk. Vir skole en onderwysers. En veral vir ons kinders vir 'n toekoms in hierdie land. Kom ons bi vir jongmense se geloof en hulle veiligheid. Kom ons bid dat God hulle sal bewaar teen die Covid-19 virus. Bid vir vroue en kinders. Die geweld teen hulle is verregaande. Bid vir hulle veiligheid, emosionele veiligheid en lewens. Bid vir die siekes: 1. Almal met covid-19. Die oorkom van die virus. Die vind van 'n geneesmiddel. 2. Jan Serfontein; Oba Pienaar; Andre; Annemarie de Bruin; LC; Marie Trentleman; Cornè; Ena G; SuMari; Letitia; Kobus Jordaan; Chrizelle; Cathy; George Brown. 3. Cindy is oorlede. Bid asb vir Andre en die familie. Bid vir die ekonomie. Dis in flarde! Bid dat mense kan werk en vir groei en nuwe werk en en. Veiligheid. Teen misdaad (regte misdaad) Bid asb vir ouer mense wat alleen is in huise en vereensaam in hierdie tyd. (Sien die artikel van Friedrich Louw onder Gedagtes ) Bid vir die gemeente: 1. Getrou aan Jesus sal leef. 2. God met passie sal liefhê en op alle terreine sal dien 3. Finansies. 4. Elkeen die evangelie sal leef, 'n voorbeeld sal wees van hoe Jesus ons herskep het, en die evangelie sal oorvertel. Ons droom is steeds elke lidmaat 'n lewende getuie van Jesus Christus 5. Bid asb dat ons eie ek sal kruisig en onsself verloën en Geesvervuld sal leef. 6. Bid dat niemand Covid-19 by die eredienste sal optel as ons Sondag hervat nie. Vra die Here om elke aksie en reiniging ens te seën twv Sy Heilige Naam. Dankie vir wie jy is. Mag die Here se seën op jou rus.