Ons bid saam:
Datum:
Voorbidding:
Goeie more. Die deel van laas oor stilword by God is onderaan vir die wat die instruksies weer wil lees. Ek het 'n effense aangepaste lysie van laasweek af. 'n Mens se besorgdheid oor die ekonomie en dus ook nie net ons eie finansies nie maar ook die land se finansies groei. Die studies wat wys dat meer as 30% besighede sal to Die koerante en WhatsApps is vol berigte en stories van koshulp wat gekonfiskeer word. En die staat wat self en tenvolle wil beheer die koshulp wat uitgaa. Die realiteit is dat baie mense kry by die dag swaarder en van die koshulp hoor jy nie veel nie. Ek wil jou vra om saam met ons te bid oor hierdie hartseer situasie. Bid vir die mense wat betrokke is by die uitgee van kospakkies. En bid vir die ontvangers want hulle kry swaar. Bid dat die staat sy houding sal verander en die deure oopmaak vir hierdie werk om vrylik voort te gaan. Vrees ontstaan dat mense in depressie kan verval as dinge nie omswaai nie. Bid vir diegene wie se gemoed baie swaar trek. Bid vir die mediese spanne, dokters, verpleegkundiges, ens asook die SAP vir die werk wat hulle doen. Bid vir die virus se tot niet gaan en of 'n entstof of teenmiddel om deur te breek en suksesvol in gebruik te kom. Evangelie boodskappe mense sal bereik in stemvorm, video vorm hoe ookal en harte en lewens terugdraai na God toe. Gemeentes. Dat ons duidelik die leiding van God mag beleef. Alles verander en niks gaan meer dieselfde weer wees nie. Hoe moet ons aanpas op maniere wat God sal behaag? Gemeentes: Geestelike groei. Dat mense werklik in hierdie tyd meer tyd met God sal spandeer. Groter passie sal ontwikkkel vir God en Sy wil en Sy Woord. Bid die ons Vader gebed gefokusd: Veral die eerste drie bedes wil ek graag meer sien tuiskom: God se Naam geheilig; Sy koninkryk kom (in my en jou se lewens en in ons gemeenskap, land en dan die wêreld) En so ook met God se wil geskied. Let op: Ons bid dat ook ons God se wil so sal gehoorsaam soos in die hemel. Maak 'n besluit om te gehoorsaam. Boere en klein besighede veral. Siekes: Jan Serf; Annemarie dB; Oba; LC; Andre en Cindy; Brian Quat; DaniedJ; Bid vir die Brand familie veral more as die roudiens plaasvind. Dankie vir julle gebede. Kan ek jou uitnooi om die "timer" op jou foon te stel vir 5 minute. Jy kan dit opstoot na 20 min 2 tot 3 x per dag later. Gaan sit op 'n stil plek. En luister. Moenie dink nie. As jou gedagtes loop, laat dit net verby gaan en keer jy terug na God. Want jy sit by Hom. Saam sit julle en luister. Jy luister na wat jy hoor sonder om bv die voëls te probeer identifiseer. Jy luister met die doel om sou God iets wou sê jy stil genoeg is om te kan hoor. Daarom dink jy aan niks. Enige gedagte hoe mooi of hoe vroom wat mag opkom laat jy gaan. Jy sit by God. In Stilte en luister. Tot jou foon se "timer" sê tyd is op. Gaan dan oor tot gebed oor wat ook al in jou hart lê. (Hoekom 'n timer gebruik? Want anders gaan jy iewers begin wonder hoe lank sit ek al hier? Nou hoef jy nie want jy weet die timmer sal jou sê as dit tyf op is). Dit gaan oor 'n tyd wondere in jou lewe doen. Dit gee God meer ruimte om jou van binne af te hernu.