Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Goeiemore, en veral goeiemore aan al ons moeders vandag. As jy nog in die posisie is om ‘n moeder te he wat leef, wil ek vir jou se dat jy uiters bevoorreg is. En daarom het ek gedink dat ons vanoggend se diens wy aan al ons moeders en oumas in die gemeente. Nou ons gaan vanoggend raak aan die lewe van ‘n jong geloofsman in die Skrif, Timoteus, maar Timoteus is nie die kern van vanoggend se boodskap nie. Ek weet dit klink bietjie deurmekaar maar u sal gou verstaan wat ek bedoel. 2. LEES TEKSVERS!!!! 3. Ek dink dis algemeen aanvaarbaar om te se dat ouers ‘n uiters belangrike rol speel in die geloofsontwikkeling van kinders se lewens. En ook meer spesifiek die rol van ‘n ma in die geloofsontwikkeling van ‘n kind moet glad nie onderskat word nie. Soos ons dit gaan sien vanoggend. 4. Ek weet nie of daar ‘n groter vreugde vir ‘n ouer is om te sien hoe hulle kind of kinders die vaandel van geloof oorneem en verder dra soos hulle opgroei nie. Om dit weer later in hulle gesinne oor te dra. Veral vir ouers wat hulle doopbelofte ernstig opneem en hulle kinders grootmaak voor God en in die liggaam van Christus is daar niks meer verblydend in hierdie lewe nie. 5. Daar is baie voorbeelde in die Skrif van geloofsgenerasies. God noem Homself in die OT die God van Abraham, Isak en Jakob. Drie generasies van gelowiges. In die NT het ons sopas gelees van Lois, Eunice en Timoteus, ook drie generasies van gelowiges. 6. So wanneer jy gaan soek vir meer inligting oor hierdie twee vroue, Lois en Eunice, hoef jy nie ver te soek nie. Want al wat ons van hierdie vroue weet is dit wat ons in ons eerste teksgedeelte gelees het vanoggend. Verder word daar nerens in die Skrif enigiets anders oor hulle gese nie. Maar tog kan ons vanoggend geweldig baie by hierdie twee vroue leer. 7. Nou die wereld meet iemand se grootheid aan die invloed wat daardie persoon het, of die gewildheid van so ‘n persoon. Die Skrif se egter dat ‘n persoon groot is wanneer daardie persoon hulle geloof uitleef en Christus volg. Dan is iemand groot in God se oe. Ons weet dat gewildheid en status in die wereld God nie beindruk nie. 8. Ons het gese dat hierdie twee vroue, Lois en Eunice, nerens anders in die Bybel vermeld word nie, maar die impak wat hulle gehad het, het verby generasies gestrek. Want hierdie twee vroue het ‘n jongman met die naam Timoteus grootgemaak. 9. En Timoteus was nie sommer net so ‘n jongman nie. Timoteus het saam met sy ouma en ma in Listra gewoon. Hand 16:2 se vir ons dat Timoteus nie net ‘n baie goeie naam gehad het in sy eie gebied waar hy grootgeword het nie, maar ook in stede soos Ikonium. Die geleerdes reken dat Timoteus in sy laat tiener- vroee twintigerjare was toe hy by Paulus aangesluit het op sy tweede sendingreis. Hy was boonop van gemengde afkoms wat die lewe bietjie moeiliker sou maak vir hom. Sy ma was ‘n Jood en sy pa was ‘n Griek. 10. Maar wanneer Paulus hom ontmoet laat hy hom nie afsit deur Timoteus se herkoms nie. Hy sien die potensiaal raak wat God in hom geplaas het en hy neem Timoteus saam op sy tweede sendingreis. Hierdie jongman het ‘n geweldige impak gehad op Paulus se werk. Hy het gedien as Paulus se verteenwoordiger na gemeentes in Fillippi en Tessalonisense. Paulus het Timoteus gestuur na die gemeente in Korinte om die groot probleme daar te gaan uitsorteer. 11. Timoteus is later aangestel as leraar van die gemeente in Efese. So is daar gedokumenteer dat Timoteus by Paulus was 2 Korintiers, Filemon, 1 en 2 Tessalonisense, Kolossense en Filippense geskryf het. Dis duidelik vanuit die twee briewe wat Paulus aan hom geskryf het dat daar ‘n besonderse verhouding tussen Paulus en Timoteus was. Nodeloos om te se dat Timoteus uitgedraai het om ‘n jongman te wees wat, net soos Paulus, alles gegee het vir die evangelie van Christus. Paulus se nie verniet in vers 5 dat Timoteus ‘n “opregte geloof” gehad het nie. 12. Maar hoe het Timoteus so ‘n kaliber jongman geword? Ons lees niks van sy pa se betrokkenheid by sy grootwordjare nie. En dan lees ons dat die enigste ander persone in sy lewe wat wel gelowiges was, was sy ouma Lois en sy ma Eunice. En dis ons tweede teks vanoggend in 3:14-15 wat vir ons se dat hy van kleins af in die geloof en die heilige Skrif onderrig is deur hierdie twee leermeesters. Paulus gaan so ver om te se dat Timoteus KEN die skrifte al van kleins af. 13. En hierdie kennis het Timoteus opgedoen by ‘n ouma en moeder wat hom van kleins af daarin onderrig het. Van kleins af is Timoteus vanuit die Skrifte geleer deur hierdie twee vroue in sy lewe en dit het gelei tot sy verlossing in Christus Jesus, se Paulus. 14. En die grootmaak van ‘n jongman soos Timoteus kon nie vir hierdie ma en ouma maklik gewees het nie. Hy was van gemengde afkoms wat beteken dat hy sekere voorregte wat egte Joodse kinders gehad het nie toegelaat is nie. Dit sou vrae by hom laat ontstaan het in sy vormingsjare. Verder se 1 Tim 5:23 vir ons dat Timoteus nie ‘n gesonde jongman was nie. Paulus beveel by hom aan dat hy nie langer net water moet drink nie maar wyn moet drink vir sy herhaalde ongesteldhede. 15. Verder le Paulus klem op die feit dat die waarhede wat Timoteus van kleins af geleer is deur sy ma en ouma hom tot verdere kennis sal bring wat lei tot die verlossing in Christus Jesus. Hierdie was ‘n ma en ouma wie se geloof opreg was volgens Paulus. En hierdie opregte geloof het hulle oorgedra na Timoteus toe. 16. Dit wat Paulus skryf in hoofstuk 1 impliseer dat ouma Lois tot geloof gekom het en dit oorgedra het aan haar dogter Eunice, wat dit op haar beurt weer oorgedra het aan klein Timoteus. Dit word nie vir ons vertel presies hoe hierdie vroue geleef het nie, maar ons weet wel dat hulle geloof opreg was en dat hulle die Christelike lewe geleef het. Hulle het dit gemodelleer. Hulle het dit voor klein Timoteus geleef. 17. As daar ooit ‘n voorbeeld was van hoe om ‘n kind groot te maak, dink ek Lois en Eunice was perfekte voorbeelde daarvan. Want die eindresultaat spreek vanself. Timoteus se werk en lewe is ‘n getuigskrif van die invloed wat sy ma en ouma op sy lewe gehad het. Hulle het ‘n jongman grootgemaak wat later ‘n groot leier in die vroee kerk geword het onder Paulus se leiding. 18. Timoteus het nie per ongeluk of op sy eie gelowig geword nie. Dit is doelbewus van kleins af aan hom geleer deur hierdie twee vroue in sy lewe. Lank voor die tyd van kerkprogramme, Sondagskool en Jeugaksies ens. was die huis die enigste bron van geestelike opvoeding waaraan kinders blootgestel is. Die huis het die sentrum gevorm van geestelike opvoeding en versorging. Lois en Eunice het hulle geloof uitgeleef en dit het ‘n blywende indruk op die lewe van Timoteus gemaak. 19. Hierdie vroue, se Paulus, het ‘n opregte geloof gehad. Dit was nie voorgee nie, dit was nie “make belief” nie, maar sekerlik was dit ook nie perfek nie. Baie van ons dink dalk aan ons eie moeders se geloof en gebede, of dalk ‘n ander vrou in die familie of gemeente wat hierdie voorbeeld vir jou was. Miskien was haar geloof sigbaar in al haar gebede, of hoe sy die Skrif gelees het, of bloot net in die manier hoe sy moeilike situasies hanteer het. 20. Maar ons leer by hierdie twee vroue dat opregte geloof beinvloed nie net nie, dit vermenigvuldig. Terwyl klein Timoteus in doeke was of in die huis rondgehardloop het, sou hierdie twee vroue nooit daaraan gedink het dat hulle ‘n prediker, kerkplanter en sendeling grootmaak deur die voorbeeld wat hulle stel nie. Moeder, ouma, jy mag dalk net die voorbeeld wees vir die kind in jou huis wat uitdraai om ‘n volgende Timoteus te wees. 21. Lois en Eunice was gewone vroue. Nie profete of openbare sprekers of koninginne of wat ookal nie – net gewone vroue. Hulle het hulle dae deurgebring deur dinge te doen wat normale vroue doen – kinders grootmaak, kos voorberei, huis skoonmaak, saam bid. En tog het God hulle getrouheid en opregtheid gebruik om een van die mees invloedrykste mense in die NT voor te berei. 22. Hierdie verhaal van Timoteus en hoe hy grootgeword het en waste tipe man hy uitgedraai het, leer vanoggend vir ons twee dinge. Eerstens, ma, ouma, jou kinders en kleinkinders gaan nooit leer wat ‘n verhouding met God is as jy dit nie vir hulle leer nie. Dit is nie die werk van die kerk, die Sondagskool of die skool om dit vir jou kinders en kleinkinders te leer nie. 23. Deut 6 se vir ouers die volgende: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. JY moet dit inskerp by JOU kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Dis ons as ouers se taak om dit te doen. Lois en Eunice het Timoteus van kleins af geleer en duidelik het dit wat hulle hom geleer het sy hele lewe geimpakteer. Ons het nie een of ander empiriese navorsing nodig om te bewys dat ons kinders beter volwassenes gaan wees as hulle die playstation verruil vir die Bybel nie. Of miskien ‘n laataand partytjie misloop sodat hulle ‘n sondag erediens nie mis nie. 24. Dis ons as ouers se taak, en ons het by ons kinders se doop belowe dat ons hierdie taak sal nakom. Ons het by ons kinders se doop belowe dat ons ‘n Lois en Eunice sal wees. 25. En tweedens leer ons by hierdie twee vroue dat so belangrik soos dit is om ons kinders in die Skrif op te voed, so belangrik is dit om die Skrif voor hulle te LEEF! Dis waarom Paulus kon se dat hulle geloof opreg was. Want dit was sigbaar in hulle lewens. Die engels vertaal dit met “genuine”. Kinders soek nie ‘n preek nie, hulle soek ‘n model. Hulle wil nie net hoor nie, hulle wil SIEN! 26. Daar is die ou spreekwoord wat se “Children may doubt what you say, but they will always believe what you do”. Die belangrikste aspek waarvan jy as ma en ouma moet seker wees ten einde ‘n lewe van geloof by julle kinders te kweek, is om seker te maak jou eie geloofslewe is opreg. Dan is jy in staat om dit aan jou kinders oor te dra. 27. ‘n Goeie ma is nie net ‘n goeie versorger en voorsiener nie. Sy is iemand wat aan haar kinders die waarheid van God se woord leer, nie net deur wat sy se nie, maar veral deur die manier waarop sy leef. En soms gaan jy as ma hard werk daaraan om ‘n verhouding met God by jou kinders tuis te bring en jy gaan dalk geen resultate sien nie. Ek is seker Timoteus was ook by tye lekker stout en sou ‘n goeie pakslae verdien. 28. Maar ek wil u aanmoedig vanoggend. Hou aan om daardie saadjies te plant. En onthou God se belofte by jou kind se doop. Hy sal hulle nie alleen laat nie. Hou aan om die saad te plant, God sal dit laat groei. En vir daardie ma Eunice’e daarbuite wat dalk kinders alleen moet grootmaak, of wat twee beroepe beoefen en die kinders versorg om kop bo water te hou, self haar eie gerief opoffer net ter wille van die geestelike groei van haar kinders, of die ouma Lois’e daarbuite, wat in stilte vir hul kleinkinders bid om by die Here uit te kom, wil ek vanoggend se: “Vertrou God om daardie gebede te antwoord”. 29. Moenie opgee nie. Jy is dalk besig om deur al hierdie gestoei en gesukkel ‘n Timoteus groot te maak. Dit wat jy agter die skerms doen maak saak. Dit dra vrug. Elke Bybelverhaal wat jy vir die kinders of kleinkinders lees, elke keer wat jy hulle erediens en Sondagskool toe bring, elke gebed, dit maak saak. Eunice en Lois was nie uitsonderlik oor hulle werk, status of posisie nie. Hulle name is in die Skrif opgeteken omrede hulle ‘n opregte geloof geleef het wat gevolge gedra het tot in ewigheid. 30. Vir elke so ‘n ma en ouma vanoggend, waarvan daar baie hier in die gemeente is, wil ons as mans eer bring aan u elkeen. Dankie vir julle insette in die lewens van julle kinders. Baie van wie se kinders ook elke sondag steeds erediens toe kom, in wie se lewens ons God kan sien. Dis aan julle toedoen te danke. Julle voorbeeld, julle gebede, julle trane en moeite. En as jy steeds ‘n moeder het, tel op die foon, bel haar, se dankie. Want wat jy is vandag, is jy grootliks as gevolg van haar.