Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Ons het verlede week stilgestaan by die eerste twee aspekte wat in die teks genoem word en wat vir ons ‘n bietjie aanduiding gee van wat in die hemel gebeur wanneer ons bid. Ons het gesien dat God ons hoor wanneer ons bid. Dat ons nooit nodig het om te wonder of te twyfel of Hy ons hoor nie. Hy HOOR ons. En dit opsigself is genoeg. Al antwoord God nooit weer een van ons gebede nie, net die wete dat Hy ons HOOR is meer as wat ons ooit verdien. 2. En die rede waarom God ons hoor is op grond van die beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het. Nie oor ons lang lys van prestasies oor kerk toe gaan en bid en Bybel lees nie. Bloot omrede Hy sy beloftes onthou wat hy in die Verbond gemaak het. En daarom se Jes dat ons God nie moet herinner oor hoe oulik ons eintlik is nie, maar dat ons Hom aan sy beloftes moet herinner. Sy Verbondsbeloftes. 3. En dan kom ons by die volgende aspek wat genoem word wat vir ons net bietjie insig gee oor wat in die hemele gebeur tydens ons gebede. God het GESIEN! En hier is die brandende vraag. Hoe kan God sien en nie reageer of antwoord nie? En dis nie ‘n vraag wat u en ek uitgedink het toe God skielik nie meer ons gebede antwoord nie. 4. Israel het ook hierdie vraag gevra. Hoe kan God alles sien wat gebeur en nie iets daaromtrent doen nie? Hoe kon Hy sien wat die Egiptenare aan sy kinders doen en niks daaromtrent doen nie? Hoe kon Hy? God se dan Hy sien. Psalm 121:1-8!!!!! 5. God beskerm sy mense. Beteken dit dat sy mense nooit gaan ly of swaarkry nie? U weet dis nie die waarheid nie. Ek meen, ons is besig met Eksodus. Dis omtrent al waaroor dit gaan: Die lyding wat God se kinders moet deurmaak. Maar God sien. 6. Toe jy daardie diagnose gekry het, was God daar en Hy het gesien. Toe jou ouers geskei het en jy stukkend was, was God daar en het Hy dit gesien. Toe jou kind gerebeleer het en jy nie meer met hom kon huishou nie, was God daar en Hy het gesien. Toe jy ‘n geliefde moes begrawe het, alles verloor het of daardie miskraam gehad het, het God dit gesien. Hy was daar! 7. En elke oomblik en elke sekonde van ons lewens is God daar en daarom durf ons nie waag om te se dat God nie gesien het nie. Hy het gesien. Maar hierdie is nou nie werklik enige troos nie. Wat is die doel daarin om vir my te se dat toe hierdie verskriklike dinge gebeur het, het God net gekyk. Dit bring geen troos nie. Want as God werklik vir my omgee sou Hy daardie verskriklike dinge gekeer het. 8. Maar nou moet ons baie versigitig. Die rede waarom dit ‘n troos is, is omrede die alternatief eintlik skrikwekkend is. Want as God nie al hierdie slegte dinge sien gebeur het nie, as Hy dit gemis het, sou dit beteken dat Hy nie Almagtig is nie, dat Hy nie Alomteenwoordig is nie en dat ek en jy geen rede het om te hoop dat Hy die beste vir ons wil he nie. Want dan is daar dinge wat Hy nie sien en weet nie. 9. En ons vra gewoonlik hierdie vrae omrede ons op een of ander manier dink dat omrede ons aan ‘n Almagtige God glo ons God dan kan blameer vir die boosheid wat gebeur. En die enigste rede hiervoor is omrede ons glo dat God is dit aan my verskuldig om my teen boosheid en verkeerde dinge te beskerm. EN HY IS NIE! 10. Want ons wil mos he dat God alle boosheid van die aarde moet afvee, is dit nie so nie. Wat kan dan verkeerd gaan? As God alle boosheid van die aarde sou afvee is nie net die Kaap nie, maar die hele wereld weer Hollands. Maar hier is die dilemma. As God alle boosheid en verkeerdheid van hierdie aarde sou afvee, is u en ek ook op die lys! 11. En hier is die probleem wanneer ons oor boosheid begin dink. Ons dink net daaraan dat God die boosheid daar buite moet vernietig maar ons dink nooit aan die boosheid hier binne nie. Ander mense doen dinge want hulle is inherent boos, ek doen dieselfde dinge want mense verstaan my nie. Jy was verkeerd, jy het sonde gedoen, wat jy gedoen het was boos en jy moet erken wat jy gedoen het. Ek het net ‘n fout gemaak en mense het my net verkeerd verstaan. Jy is boos maar ek maak net af en toe ‘n fout. 12. En dis omrede ons die wereld op hierdie manier sien dat ons vir God kwaad word. Dis soos wanneer ‘n orkaan die land tref. Wanneer die wind en die storms inkom verwag ons dit moet rondom my huis gaan en al die ander huise vernietig. Net nie myne nie. Want ek gaan kerk toe en ek lees my bybel! Ek is een van die “good guys”. Dis hoe ons dink die heelal moet funksioneer. God laat sy reen val op die regverdige en die onregverdige se die Skrif. 13. Ons dien nie vir God omrede dit my kwytskeld van lyding nie. Ons dien God want God is GOD! En ten spyte van my lyding is Hy steeds waardig om as God gedien en geeer te word en wat ookal my lyding is wat ek deurgaan, dit is steeds beter as wat ek verdien. God sien, geliefdes. Ons kan nooit se dat Hy dit dalk gemis het of dit nie gesien het nie. Want dan was Hy nie Almagtig nie, nie Alwetend nie. Dan maak Hy foute! 14. Laastens, God het dit ter harte geneem. Hierdie is so belangrik. Want tot hiertoe het ons net hierdie prentjie gekry van ‘n Almagtige God. En mens kan so maklik die prentjie skets van ‘n God wat daar ver is, op ‘n troon sit, nou en dan luister na ons gebede, dit hoor en dan ‘n beslissing daaroor vel. Maar hier verander dit. Hier kry ons die prentjie van ‘n intieme en liefdevolle Vader . God het dit terharte geneem. Dit beteken Hy weet, en Hy voel jammer. Die KJ vertaal dit met “God had respect unto them.” God weet. God weet wat ons nodig het. God weet wat die beste is. 15. Weet u wat die ergste ding is waarmee u en ek elke dag moet worstel? Weet u wat die allerverskriklikste ding is wat ons in die gesig moet staar elke dag? Dis nie daardie slegte nuus dat ek my werk verloor nie. Dis nie die nuus van ‘n terminale siekte nie. Dis nie die nuus van my kind wat rebelleer nie. Die ergste ding waarmee ons elke dag moet worstel, is ons sonde! 16. En die rede hiervoor is eenvoudig: Daar is ‘n heilige en almagtige en regverdige God teen wie ons elke dag sondig. En hierdie God vereis regverdigiheid, en steeds sondig ons teen Hom. Dis die ergste ding op jou bord vandag. Hoekom se ek so? 17. Wel, sonde verwyder ons van God af. Sonde bou ‘n skeidsmuur tussen ons en God. ‘n Diagnose van ‘n dr kan ons nie van God skei nie, ook nie my werk wat ek verloor het nie. Maar sonde kan. Daarom is dit die ergste ding wat ons as mense moet hanteer. Daar is niks erger as dit nie. Israel se sonde was erger as hulle gevangenisskap. Steeds het hulle tot God uitgeroep oor hulle gevangenisskap en nie hulle sonde nie. 18. En kom ons wees eerlik vandag: Dis ons ook! Elke dag roep ek uit tot God vir alles wat sleg gaan met my, maar ek noem my sonde nie maklik nie. Of sommer net so terloops. Hoeveel trane het u en ek al gestort terwyl ons God smeek in ons gebede om ons te verlos van ons sonde? Of “bely” ons ons sonde net so terloops wanneer ons bid? 19. Die koning van Nineve het uit berou sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op ‘n ashoop gaan sit oor sy en die stad se sonde. Geen mens en dier mag iets geeet of gedrink het nie, hulle moes “ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het.” 20. Saggeus het sy sonde besef in die teenwoordigheid van Christus en helfte van sy goed vir die armes gegee en waar hy iemand afgepers het, het hy vierdubbel terug gegee. Dis wat gebeur as ons opreg ons sonde voor God neerle. 21. Lyk ons so as ons in gebed ons sonde bely. Juis dit wat ons skei van God. Maar ons gaan tog in gebed na God toe en verwag Hy moet hoor en antwoord. Sonde is die grootste krisis waarmee ons in ons lewens moet deel. Niks is erger as dit nie. As ons bid, bid ons dat ander menses al ophou sonde doen, dat ander menses al ophou om my sleg te behandel, dat ander mense tot bekering sal kom, dat my finansies sal regkom. En opsigself is dit nie verkeerd nie. Maar hoeveel keer bid ons dat ons sal ophou sondig? En dan is dit die ergste ding wat jy ooit mee kan worstel. 22. En per slot van sake is sonde die rede vir alle stryd en lyding. Ons hoef nie ons koppe daaroor te breek nie. Gaan maar net terug na Adam toe. Waarom vergaan ons liggame en word ons siek? Wel, sonde, wat in die Tuin van Eden gebeur het. Waarom tree mense met afguns en haat teenoor mekaar op? Wel, sonde wat met Adam begin het. Waarom ly mense honger, maak mense oorlog en maak mense mekaar dood? Sonde, wat by Adam begin het. 23. Sien, as ons in ons gebede net konsentreer op die dinge wat ons wil he en die dinge wat ons nie van hou nie, mis ons die groter prentjie. Ons het nie ‘n iemand nodig om ons te verlos van storms, haatdraende mense, afgunstige mense, siektes of wat ookal nie. Ons benodig iemand om ons van sonde te verlos! En dis presies wat God bewerkstellig het! 24. Die woord Eksodus beteken uittog. Dit handel oor die uittog uit Egipte. Dis die hoofsaak. Maar die boek van Eksodus eindig nie met Israel wat uit Egipte verlos word nie. Dit eindig met die tabernakel. Want Israel het nie net nodig gehad om uit Egipte te kom nie, hulle het nodig gehad om in ‘n verhouding met God te kom. Hulle het ‘n geestelike verlosser nodig gehad. 25. Beteken dit dat al hierdie ander dinge maak nie saak nie, dat ons nie meer daarvoor kan bid nie, dat ons vir niks anders mag bid nie? Nee, dit maak saak en ons kan daarvoor bid, maar dit plaas alles in perspektief. Dit is niks in vergelyking met sonde wat ons lewens regeer nie. 26. Waar was God? Ek kry die vraag baie. Dirk, toe hierdie dinge met my gebeur het, waar was God? Die antwoord is eintlik eenvoudig. God was op dieselfde plek toe sy eie Seun vermink is en aan ‘n kruis vasgespyker is vir sonde wat nie syne was nie. Dis waar God was. 27. Ek weet nie wat dit is wat maak dat jy deurnag bid nie. Ek weet nie wat dit is wat maak dat jy soms na God uitroep, miskien uitskree nie. Maar een ding weet ons verseker: God hoor jou, God dink aan sy Verbond met jou, God sien jou en God neem dit ter harte. Waardeur gaan jy nou? Verwerping, afguns en jaloesie, teleurstelling, pyn, verlies? 28. Wel, God weet. Hoekom? Want Christus is versoek op presies dieselfde wyse as ons maar het nie gesondig nie se Hebreers. Christus het ook teleurstellings verduur, afguns, jaloesie, verwerping. Hy het die kruis verduur, die graf, die dood! So wat jy en ek ookal deurgaan, Christus weet nie net daarvan nie, Hy het dit en baie erger self deurgemaak. Kom ons dink mooi voor ons weer se “Here, u verstaan nie!”, of “Here waar is U?” God is daar, by jou, saam met jou. Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie.