Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Hierdie week is ons week van gebed, die week aan die begin van die jaar wat ons saam as gemeente die aangesig van God gaan opsoek en voor Hom gaan verootmoedig. En ek wil graag he ons moet die volgende 2 weke by die teks van vanoggend stilstaan want hier is net te veel skatte in om dit in een dag te hanteer. Ek wil vanoggend begin om vir u ‘n vraag te vra: ‘n vraag wat ek dink ek reeds die antwoord van ken. 2. Was daar al iets waarvoor u gebid het of waarvoor u besig is om te bid en u kry net geen antwoord van God af nie? Vir maande of selfs jare bid u vir iets en u is al op die punt waar jy moed opgee, waar jy al minder en minder daarvoor bid, want in jou binneste het jy reeds besluit dat God nie hoor nie. Want ons is mos ‘n generasie in ‘n tydperk waar alles vinnig moet gebeur. Quick fixes. 3. Ek kan onthou op hoërskool het ons 3 voorgeskrewe boeke van Shakespeare gehad. Macbeth, Julius Ceasar en Romeo & Juliet. Ek het ‘n onderskeiding vir Engels in Matriek gekry en tot vandag nog nie een van die boeke gelees nie. Net die opvoerings en die flieks gekyk. Ons lees nie meer dik boeke nie want ons is ‘n quick fix generasie. Want dinge moet gou gebeur. 4. Maar ons vergeet dat daar sekere dinge is waarvoor ons bid wat wel tyd vat, wat nie onmiddelik gaan verander of beantwoord word nie. Maar omrede dinge vir ons vinnig en dadelik moet gebeur begin ons dan wonder of God nog luister, hoor God my, wil God regtig antwoord of het hy net beter dinge om te doen as om na my te luister. 5. En ons begin worstel met dinge soos waarom wil ons ‘n week van gebed hou as God almagtig is en dat hy in elk geval kan doen wat Hy besluit? Aan die een kant se die Skrif dat God almagtig is en dat Hy doen wat hy besluit het maar aan die ander kant vertel Jesus selfs gelykenisse om vir ons te se dat ons nie moedeloos moet word nie maar dat ons moet volhard in gebed. 6. En aan die ander kant sit ons met die kwessie van hoe ‘n goeie God slegte dinge kan toelaat. Want wanneer ons bid, ek praat hier van wanneer ons volhard in gebed en ure op ons kniee voor God deurbring is dit tog nie omrede dit so verskriklik goed met ons gaan nie. Ons bid dan oor dit wat sleg is in ons lewens, die dinge wat aan ons vreet soos kanker, die dinge wat bangmaak, iets wat ons hartseer maak, dinge wat ons ontmoedig. Dis waarvoor ons God smeek vir lang tye. 7. En dis dan wanneer twyfel begin inkruip, daardie twyfel of God nie tog maar net doen wat Hy wil nie, of God regtig na my luister en my hoor. Dink God aan my???? En ek dink tog ons kry antwoorde in die laaste woorde van Eksodus 2, woorde wat ons bemoedig wanneer ons gebede net nie beantwoord word nie. 8. En terwyl ons die teks lees wil ek vra dat u mooi sal oplet dat hierdie teks mooi in twee dele gedeel is. Die eerste gedeelte handel oor die aardse perspektief en die tweede deel handel oor die hemelse perspektief van gebed. En ons as mense is geneig om alles te beskou vanuit ‘n aardse perspektief. Maar God gee hier vir ons ‘n kykie in die hemelse en wat gebeur tydens gebede. 9. LEES EKS 2:23-25 10. God het gehoor, God het onthou, God het gesien en God het ter harte geneem. So die agtergrond van hierdie teks is soos volg: Moses het die Egiptenaar doodgeslaan en weggevlug. Die Farao weet wat hy gedoen het en Moses gaan kruip weg. Hy trou, kry ‘n gesin en die jare het verbygegaan. Vir ongeveer 40 jaar het Moses so geleef. Maar Moses is die groot verlosser van Israel uit Egipte, so een of ander tyd moet Moses teruggaan om te gaan doen waarvoor God Hom gereed gemaak het. 11. En die oomblik toe die koning van Egipte sterf is dit asof daar ‘n herlewing kom in die gekerm van die Israeliete. En dis dan wanneer ons hierdie vier stellings hoor wat ons gelees het. En dis waarna ek wil he ons die volgende twee Sondae en veral aan die vooraand van ons week van gebed moet kyk wat ons te doen staan as ons gebede nie beantwoord word nie. Wat ons ons gedagtes op moet rig wanneer daardie antwoorde oor jare ons net bly ontwyk. 12. Die Israeliete het tot God gekerm. En die eerste ding wat ons lees is dat “God het hulle gekerm gehoor”. God het gehoor! Geliefdes, u moet weet dat God hoor jou gebede. God is nie doof vir die gebede van sy kinders nie. Hy hoor elke gebed. En wanneer ons aanhou om te bid is dit later ‘n natuurlike gevolg dat ons dink God hoor net nie. Want ons kyk na ons omstandighede wat nie verander nie en ons dink God hoor nie! 13. Israel het dieselfde gedink. Vir jare roep hulle uit na God en dinge verander nie. Daarom dat ons verby die woord kla is want nou is dit al ‘n gekerm. Vir 400 jaar is hulle al slawe in Egipte en steeds het niks gebeur nie. Moedeloos. Want hulle dink ook dat God hulle nie hoor nie. Net soos ons so baie kere doen. Maar dis net die punt van die ysberg. Om te se God hoor ons nie se ons eintlik dat God gee nie om nie. God gee nie om vir my nie. Hoekom? Want Hy hoor nie my gebede nie. 14. Vir jare al huil ek voor God, roep ek na Hom, smeek ek Hom, en niks gebeur nie. So as Hy enigsins vir my omgegee het sou Hy gehoor het. En omdat niks gebeur nie, hoor Hy nie en daarom gee Hy nie om nie. En dit sneeubal. Want as God my nie hoor nie en nie antwoord nie beteken dit dinge gaan net erger en erger word. En soms verloor mense hul geloof. Want hulle is oortuig dat God nie hoor nie want hulle ontvang nie ‘n quick fix antwoord nie. 15. Ps 55:18 – “In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en Hy hoor my roep.” Spr 15:29 – “Die Here is ver van die goddeloses af, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.” Geliefdes, dit is nie net verkeerd om te dink God hoor ons nie, dit is ongeloof! En ongeloof is sonde se die Skrif. Daarsonder kan ons God nie behaag nie. Maar daar is iets wat ons moet onthou. En die eerste is dit: DIT IS ‘N VOORREG OM DEUR GOD GEHOOR TE WORD! 16. Dit opsigself is ‘n voorreg. Ek se nie dis ‘n voorreg om deur God gehoor te word wanneer Hy doen wat ek vra nie. Nee, net om deur Hom gehoor te word, is ‘n onuitspreeeklike voorreg. As God nooit weer een gebed wat ons bid beantwoord nie was Hy reeds beter vir ons as wat ons verdien. 17. Hy is die God wat alles geskep het met die mag van sy woord. Hy is die God wat alles in stand hou elke dag. Wat elke oomblik van elke dag planete in hulle sterrestelsels laat draai, wat elke oomblik van elke dag elke plant, dier en mens onderhou. Geliefdes, God is besig! 18. Maar steeds hoor Hy jou en my. Altyd. Elke keer. Hoe durf ek dink dat God is dit aan my verskuldig om my te antwoord? Al wat ons verdien is oordeel en dood. Dis al. God skuld ons niks. Maar steeds hoor God my as ek bid. Dis ‘n ongelooflike voorreg om deur God gehoor te word. Tog is daar baie mense wat die arrogansie het om vir God kwaad te word omrede Hy nie vir my gee wat ek vra nie. Nuusflits vir u vanoggend!! Hy skuld ons niks! 19. Maar ten spyte van alles, as sy kinders bid, hoor Hy steeds. So eintlik, as ons se dat God ons nie hoor wanneer ons bid nie, is ons besig om ‘n dubbele sonde te pleeg. In die eerste plek beskuldig ons God van iets wat vals is, en tweedens beskuldig ons Hom van iets, al was dit die waarheid, sou dit steeds nie verkeerd wees aan sy kant nie. Want God skuld ons niks. 20. Ons moet onthou dat gebed is gemeenskap met God. En die blote feit dat God die tyd maak om na my en jou te luister is ‘n voorreg en ook ‘n troos wat ongekend is. Hy is nie my tjommie saam met wie ek braai nie. Hy is die Allerheiligste Skeppergod, die God van Hemel en aarde, wat alles in stand hou, wat van ewigheid tot ewigheid bestaan. 21. En hy maak tyd om met u en my gemeenskap te he. Om te luister. Nie omrede Hy ons skuld nie, maar omrede Hy God is. Jou gebede word deur hierdie God gehoor. Moet dit nie vergeet nie. En soos ek in die week besig was met hierdie teks was my gebed die hele tyd Here, verander asseblief my hart. 22. Want ek sukkel self om hierdie dinge te glo. Ek sukkel om te glo dat God my altyd hoor. Vir 38 jaar het ek een gebedsversoek gebid en in daardie tyd het ek male sonder tal gedink maar God hoor my nie! Here, vergewe my dat ek so gedink het! 23. Ek sukkel om te glo dat dit ‘n ongelooflike voorreg is om deur God gehoor te word. Ek is oortuig dat die enigste rede vir my om dankbaar te wees is as ek iets in gebed na God neem en Hy doen wat ek vra. Dis hoe arrogant ek is my gebedslewe was. En in hierdie week moes ek net weer besef maar gebed gaan nie oor my nie. Dit gaan oor God, sy eer, sy glorie, sy heerlikheid. 24. Maar steeds hoor Hy my!! En vir jou, en vir jou. En dis die eerste ding as ons in gebed tot God nader om te verstaan. Dat ons in hierdie week in die aande na gebed by hierdie gebou sal uitstap met ‘n bree glimlag op ons gesigte. Nie omdat ons gebede beantwoord is nie, maar omrede hierdie Heilige en Almagtige God ons gehoor het, na ons geluister het! En maak nie saak wat my omstandighede is nie, ek het gemeenskap met Hom gehad en Hy het gehoor. Ongeag of my gebede beantwoord gaan word. 25. Die volgende punt wat ons teks maak is dat nie net hoor God ons nie, maar Hy onthou. Wat onthou Hy? Onthou Hy hoe Wonderlik en oulik Dirk is? Nee, Hy onthou sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. En hierdie is geweldig belangrik as ons oor ons gebede praat. God het nie die volk Israel onthou omrede hulle die “goeie ouens” en die Egiptenare bloot net die “slegte ouens” in hierdie verhaal was nie. Israel was nie die goeie ouens nie. Hulle het God male sonder tal verwerp. 26. ‘n Goue kalf gebou toe Hy hulle bietjie laat wag, deurentyd in die woestyn verlang na die vleispotte van Egipte, toe is hulle nie meer tevrede met God as Heerser nie soek hulle ‘n aardse koning. In die boek Rigters lees ons hoe Israel 7 keer van God afvallig geraak het. En aan die einde van die dag was dit hulle wat die Verlosser verwerp het en Hom laat kruisig het. 27. Hulle was nie die “good guys” nie. Hulle was net so sleg. Hulle was net so sondig soos die Egiptenare. En God het hulle ook niks geskuld nie. Hy het nie ‘n verpligting teenoor hulle gehad nie. Daar is niemand wat goed is behalwe God nie se Paulus. Maar hier is die skok geliefdes. Ons is dieselfde. Ons is ook nie goed nie. Wat beteken ek is verkeerd as ek God van dinge beskuldig. 28. Ek het tot U gebid Here, maar U het my nie gehelp nie. Ek is ‘n goeie mens maar U het my nie gehelp nie. Ek bid, ek lees Bybel, ek gaan kerk toe, ek gee self my maandelikse bydrae. Maar U het nie tot my redding gekom nie. Ek doen nie al die slegte dinge wat ander mense doen nie en steeds kom U nie tot my redding nie. U sien, hierdie is die dinge wat maak dat ons dink God is iets aan ons verskuldig. 29. Ons glo wraggies waar dat ons in ‘n posisie voor God staan waar ons kan aandring daarop dat Hy ons MOET hoor. Want ons is dan geregtig daarop? Of hierdie een: Ek is ‘n christen Here. Ek het Jesus aangeneem as Verlosser en Saligmaker en daarom dink ek ek verdien darem iets. Ten minste kan U bietjie meer moeite met my doen as met al die ongelowiges rondom my…. 30. Geliefdes, God antwoord gebed volgens SY beloftes, SY wil, SY wese en volgens wie HY is. Selfs Jesus het gebid “nie my wil nie, maar u wil”. Sien, deel van die probleem is dat ons neem aan dat ons die beste weet in sekere omstandighede. Ons neem aan dat al wat God moet doen is om ons advies en raad te neem en net te doen wat ons se want dan sal die heelal sommer baie beter funsksioneer. En hierdie hele ding sugarcoat ons soms net met mooi woorde voor God. Maar die bedoeling bly dieselfde. 31. Ek bedoel, ek is ‘n goeie mens, ‘n goeie christen. Ek is nie so sleg soos al die ander nie. God het nie aan Israel gedink nie. God onthou sy Verbond. Wanneer ons bid onthou God nie waste sogenaamde wonderlike mense ons is en antwoord dan aan die hand daarvan nie. Hy antwoord op groind van sy Verbond en sy beloftes teenoor ons. Omrede Hy is wie Hy is, antwoord God ons. 32. Jes 62:6 se ons moet God aan sy beloftes herinner. Nie aan die wonderlike christene wat ons is nie. Aan sy beloftes. Hy onthou sy verlossingplan vir hierdie wereld. En Israel speel ‘n rol in hierdie plan. En daarom hoor God hulle gebed. 33. God dink aan sy Verbond wat Hy gesluit het met die volk. MAW God dink aan sy beloftes wat Hy gemaak het teenoor Abraham, Isak en Jakob. “Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep.” (Jes 42:6) Want as God aan Israel of aan my en jou moet dink en alles wat ons gedoen het en doen, verdien ons die dood. God hou by SY woord. Hy is getrou aan Homself. 34. Ons moet dit in gedagte hou wanneer ons bid. God bestaan nie net sodat Hy vir ons kan gee wat ons wil he nie. En die feit dat ek soms nie ontvang waarvoor ek bid nie is geen aanklag teen God se goedheid en sy plan wat Hy besig is om te volvoer vir my en jou verlossing nie. Ook nie teen sy karakter nie. 35. Ons dien ‘n God wat sy eie sondelose Seun aan ‘n kruis laat verbrysel het, sodat sy Naam verheerlik sal word deur ons verlossing. Hoe durf ons dink dat dit wat ek moet verduur God onregverdig maak? God het nie eens Jesus se gebed in die Tuin van Getsemane verhoor nie, want dit het oor sy heerlikheid gegaan. Sy wil. Wie dink ons is ons om te kla as ek na ‘n week se gebed dink God hoor my nie? 36. Dis ‘n voorreg en genade om nie met vrees voor God te gaan staan nie, maar om te w 37. Weet dat ons deur Hom gehoor word, dat Hy na ons luister op grond van die verbondsbeloftes wat HY gemaak het en genadiglik nie op grond van wie ek is nie. Dis ‘n voorreg!