Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Ons almal ken die Kersverhaal. Ons het dit van kleins af geleer en ek is oortuig elkeen van ons kan dit toe oe vertel soos dit in die Skrif opgeteken is. Of kan ons regtig? Miskien is daar ‘n klompie dinge wat ons mis in die verhaal. Miskien is selfs baie van die dinge oor die geboorte van Jesus wat ons van kleins af geleer het heeltemal verkeerd. 3 wyse manne??? 2. Wel, ek dink u mag dalk verbaas wees oor sommige dinge waarna ons vanoggend gaan kyk. Sommige hiervan het my onkant gevang terwyl ek aan hierdie boodskap gewerk het. En daarom wil ek vanoggend fokus op ‘n persoon in die lewe van Jesus wat bitter min melding van gemaak word in die SKrif. Josef, Jesus se vader. 3. Nou een ding wat ons van Josef moet verstaan is dat hy heel moontlik familie in Bethlehem gehad het. Het u al ooit daaraan gedink dat dit vreemd is dat Josef na Bethlehem moes gaan vir die sensus, na sy tuisdorp toe, en dat hy dan in ‘n herberg moet bly? 4. Eintlik, as mens mooi daaroor dink, is daar net twee antwoorde hiervoor. Eerstens moet ons se dat Josef in Bethlehem gebore is maar dat al sy familie vir die een of ander rede Bethlehem verlaat het. Die kanse hiervoor is baie skraal. Sommige van sy familie mag dalk weggetrek het, soos wat Josef ook gedoen het, maar dat ALMAL Bethlehem verlaat het was hoogs onwaarskynlik. 5. Die ander moontlikheid is dan dat Josef steeds familie in Bethlehem gehad het en dat daar ‘n ander rede is vir die feit dat Lukas vir ons vertel dat daar nie plek in die herberg was nie. Nou hierdie lyk vir my na die mees aanvaarbare opsie. 6. U sien, baie van ons vertalings van Luk 2:7 se die volgende: “Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek IN DIE HERBERG was nie.” En vir jare soos ons grootgeword het, het ons geleer dat Josef en Maria van herberg na herberg gegaan het op soek na blyplek. Maar eintlik staan dit nerens geskryf nie. 7. Maar kom ons kyk bietjie na die NIV vertaling van hierdie vers: “She wrapped him in cloths and placed him in a manger, because there was no GUEST ROOM available for them.” Ook die ESV vertaal dit met gaste kamer. Nou dit is baie interessant. Want dit is duidelik twee verskillende dinge waarvan hier gepraat word. ‘n Herberg en ‘n gastekamer. 8. Die Griekse woord wat hier gebruik word vir herberg is die woord “Kataluma”. En Kataluma verwys nie na ‘n herberg nie, maar na ‘n gastekamer in ‘n huis. Hierdie is dieselfde woord wat gebruik word om te verwys na die vertrek waar Jesus en sy dissipels die nagmaal ingestel het. Daar is wel ‘n Griekse woord wat na ‘n herberg verwys – die woord Pandochion. En ons vind hierdie woord ook in die verhaal van die barmhartige Samaritaan wanneer hy die beseerde persoon by ‘n herberg inboek. 9. Maar hier word die woord Kataluma gebruik – ‘n gastekamer. So wat bedoel Lukas Hiermee? Wel kom ons dink saam hieroor. ‘n Kataluma was ‘n kamer op die boonste vloer van ‘n tipiese Midde Oosterse huis. Dit is waar familie of besoekers sou slaap wanneer hulle sou oornag. 10. Maar ‘n baie belangrike ding om te onthou oor eerste eeuse huise is dat daar ‘n ander gedeelte op die grondvloer van so ‘n huis was. En dit was ‘n plek waar mense gewoonlik nie geslaap het nie. Want hier is die familie se diere geplaas om hulle teen die natuurelemente te beskerm. Dit was gewoonlik diere soos bokke wat melk verskaf het, hoenders wat eiers voorsien het ens. 11. Hou nou in gedagte dat die kanse baie goed is dat Josef familie in Bethlehem sou gehad het, want dit was sy tuisdorp. Dis waar hy grootgeword het. En gasvryheid was ‘n baie belangrike ding in die Joodse kultuur. En sekerlik sou hy en Maria by hierdie familie van hom vir blyplek gaan aanklop het. 12. So wat Lukas eintlik vir ons vertel is dat daar geen plek in die Kataluma (gastekamer) van die huis was nie, en gevolglik moes Josef en Maria oornag het in hierdie onderste gedeelte van die huis waar die diere geberg was. En hier sou ons ‘n krip of twee aantref omrede die diere ook hier gevoer is, binne in die onderste gedeelte van die huis. Daarom dat Matteus in 2:11 se ”Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys.” 13. U sien, as almal vir die sensus na Bethlehem moes terugkeer, of dan nou ten minste die mans van die families, beteken dit dat Josef se familielede wat ook weggetrek het vanuit Bethlehem ook sou moes terugkeer na Bethlehem toe. Gevolglik sou die huise van families in Bethlehem baie vol gewees het. En aangesien die huis vol was en Maria op die punt staan om geboorte te gee, en gevolglik onrein sou wees, sou dit logies wees om hulle in ‘n plek te plaas wat geen invloed op die res van die bewoners sou gehad het nie. 14. Die onderste gedeelte van die huis waar die diere aangehou was. Maar hier is wat dit so moeilik maak om te aanvaar. Ons is altyd die teenoorgestelde vertel. Ons is van kleins af vertel dat Josef en Maria van herberg na herberg gegaan het om plek te kry. En dat Jesus dan in ‘n stal gebore is. Maar dis nie wat die Bybel se nie. En daarom is dit belangrik om soms te vergeet van die verhale wat ons van kleins af geleer het en om terug te gaan na die Skrif toe. 15. Nou omrede Josef nie baie in die Skrif genoem word nie, dink ons dat hy maar ‘n onbenullige rol gehad het in die hele verhaal van Jesus. Maar die teendeel is eintlik waar. Josef het ‘n baie belangrike rol gespeel in die lewe van Jesus. 16. Matteus se vir ons dat Josef ‘n skrynwerker was. En Markus se op sy beurt weer dat Jesus ‘n skrynwerker was. Dit beteken dat Jesus Josef se ambag aangeleer het. En vir dit om te gebeur sou Jesus baie nou saam met Josef moes gewerk het. Hy sou Josef se vakleerling vir baie jare gewees het en sou Hy in Josef se voetspore gevolg het voordat Hy sy eie bediening begin het. 17. En dis hoe Joodse seuns hulle vaders sou eer. Maar Josef het ook nie sy rol in Jesus se lewe ligtelik opgeneem het nie. Voor Jesus se geboorte verskyn ‘n engel aan Josef met die opdrag dat hy die baba Jesus moet noem. Nou hierdie is baie groot. Want Vaders het besluit op die name van kinders. En dit was gedoen tydens die besnydenis, 8 dae na geboorte. 18. Hierdie was ‘n baie belangrike gebeurtenis. En wanneer Josef die baba Jesus noem, doen hy twee belangrike dinge. Eerstens toe hy die naam aanvaar wat die engel hom gegee het, het hy ook daarmee die verantwoordelikheid aanvaar wat God hom gegee het vir die rol wat hy in Jesus se verhaal moes speel. En tweedens, maak hy daarop aanspraak dat Jesus sy kind is aangesien hy die persoon is wat Jesus sy naam gee. 19. Van hier af aan sou hierdie nie sy stiefseun wees wat net onder sy dak woon nie. Jesus sou sy kind wees. En Josef sou tot ‘n sekere mate Jesus se pa wees. En dit minag nie God se rol as die Vader van Jesus nie, maar dit bevestig net die rol wat God aan Josef gegee het as Jesus se aardse vader. Wanneer jy in die 1ste eeu ‘n kind aangeneem het was daardie kind 100% deel van jou familie. Dis die rede waarom Matteus Josef insluit in die stamregister van Jesus. 20. Dis ook die rede waarom Paulus so gereeld aanneming gebruik as ‘n metafoor wanneer hy na ons verhouding met God verwys. Ons word nie halfpad God se kinders nie. Ons verhouding met God is kompleet. 21. Maar hiermee saam is dit belangrik om te weet dat Josef alreeds Maria se man was toe Maria uitgevind het dat sy swanger was. Josef en Maria was verloof gewees toe Maria swanger geword het. Dit leer ons uit die Skrif uit. Maar om verloof te wees in die Joodse gemeenskap het nie beteken wat ons vandag aan dink as ‘n verlowing nie. 22. Josef en Maria was nie besig om gastelyste op te trek, of ‘n DJ te huur of tafelversierings uit te soek nie. Wanneer ‘n Joodse paartjie in die 1ste eeu verloof geraak het, was hulle reeds beskou as getroud, man en vrou. Hulle was reeds in ‘n bindende verhouding. Die enigste ding wat nog ontbreek het was die huwelikseremonie en die bevestiging van die huwelik. 23. En dit kom van die manier waarop mense oor die huwelik gedink het in daardie tyd. In die 1ste eeu was die huwelik gesien as ‘n besigheidstransaksie. Vrouens was beskou as die man se eiendom en daarom was daar ook sekere goedere wat moes hande verwissel om ‘n huwelik te bewerk. Baie soos die labola wat vandag nog deur sekere groepe betaal word. 24. En wanneer hierdie bedrae betaal is, is ‘n wettige dokument onderteken wat genoem is die “Ketubah”. Hierna is die paartjie beskou as wettig getroud. Nou hierdie klink nie baie romanties nie, maar dit gee vir ons baie insig oor Josef se gevoel toe hy hoor van Maria se swangerskap. Hierdie nuus moes vir Josef baie ontstellend gewees het. Hierdie is nie net sy meisie of verloofde wat op hom verneuk het nie, hierdie is sy VROU. 25. Transaksies is aangegaan, hulle was besig om ‘n lewe saam te bou ens. Hierdie was so ernstig dat Matteus vir ons se dat Josef selfs oorweeg het om van Maria te skei. Maar die wonderlike van Josef is dat hy dit nie doen nie. Nee, Josef kies eerder om beskaamd te word, om die bespotting van die dorp te word. 26. Toe Maria uitvind dat sy swanger is, selfs al het sy geweet dat sy niks verkeerd gedoen het nie, het sy besef dat sy die gevolge sal moet dra. Josef en Maria moes op grond van Deut 22:23 doodgemaak word. Nou of hulle wel op die manier doodgemaak sou word is moeilik om te se. Want selfs al was dit die Joodse wet wat so bepaal het, was die doodstraf in daardie tyd beheer deur die Romeinse owerhede. Hoe dit ookal sy, Josef en Maria sou baie bespotting en vernedering moes deurmaak. 27. Maar dis hier waar dinge interessant begin raak. Matteus se vir ons in 1:19 dat Josef van plan was om STILWEG van haar te skei. Hierdie beteken dat hy van plan was om stilweg die huwelikskontrak nietig te laat verklaar. Miskien wou hy se hy het van plan verander. Maar dink vir ‘n oomblik hieroor. 28. Selfs al sou hy dit doen, sou die mense steeds weet dat Maria swanger is. En mense gaan steeds aanvaar dat die baba Josef s’n is. Hierdie sou beteken dat Josef haar verlaat / in die steek laat. Dit is selfs erger as wanneer Josef met haar sou trou en die mense sou dink dat hulle voor die huwelik swanger geraak het. 29. Hy sou deur geweldige skande gegaan het. Hy sou ook al die geld wat hy vir Maria betaal het, verloor het. Maar wat Josef se optrede vir ons wys is dat hy bereid was om deur baie skande en vernedering te gaan ten einde Maria te beskerm. Hy was bereid om homself op te offer, sy goeie naam en alles daarmee saam prys te gee om haar te beskerm. 30. Klink dit bekend? Sien, in Josef kry ons ‘n kykie na Jesus. Hulle is dalk nie bloedverwant nie, maar in baie opsigte was Jesus en Josef dieselfde. Jesus was ‘n beeld van sy hemelse Vader, maar ook van sy aardse vader. In beide van hulle sien ons wat werklike opoffering is. Om jou lewe neer te le vir ander. En dis wat ons tydens Kersfees leer. Dat Jesus nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Nie om opofferinge te eis nie, maar om opofferinge te maak. 31. Hy is God met ons! Hy het nie gekom om ons te beheer en te hiet en gebied nie. Hy het gekom om ons te wys wat die grootste liefde van als is. Om te dien, om jou lewe neer te le. Want so lief het God vir Dirk, en sit jou naam maar in die teks, gehad, dat hy sy enigste Seun gegee het. 32. Tydens Kersfees is die kruis van Christus gewoonlik die verste ding van ons gedagtes af. Maar die kruis was die ultimate opoffering. En reeds in die geboorteverhaal van Jesus, sien ons ‘n skyn van die kruis: Die ultimate opoffering!!! En ons kyk na Josef en ons sien opoffering. Sy status, naam, reputasie, alles het hy op die spel geplaas ter wille van Maria, maar ook twv die Verlosser. 33. Maar daar is meer hieraan. Want Josef se optrede herinner ons ook hierdie Kersfees aan hoe ons ander moet liefhe. In plaas daarvan om so baie te koop vir hulle wat reeds so baie het, waarom nie eerder gee vir hulle wat niks het nie? Die krip roep ons juis op om vir ‘n slag weg te kyk van onsself, en die nood en krisisse van ander raak te sien. Ons moet bereid wees om op te offer soos wat Josef vir Maria opgeoffer het, Jesus vir ons opgeoffer het. 34. Om nie net geskenke te wil he nie, maar om ‘n geskenk te WEES! Want geskenke is tydelik, maar om ‘n verskil te maak in iemand se lewe kan ewigheidswaarde he.