Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. Travis Tritt is ‘n bekende Country sanger in Amerika. Maar voordat hy bekend geword het, het hy in klein kroee en nagklubs gesing. Hy vertel dat hierdie soms baie gevaarlike plekke kon wees. Sy aanhangers was dronkaards en bakleiers. Mense vir wie dit moeilik was om hulle humeure in toom te hou. So elke keer wanneer die humeure opgevlam het en die bakleiery begin het en die motorfietsbendes hulle snoekerstokke gegryp het om mekaar by te dam, het Tritt elke keer dieselfde ding gedoen. Hy het Stille Nag begin sing. 2. Dit kon in die middel van Junie maand gewees het, hy se bloot hy het nie omgegee nie. Hy sou begin met Stille Nag en hy sou aanhou kersliedere sing tot die bakleiery ophou. Soms het van hierdie aangeklamde kliente gaan sit en trane stort wanneer hulle hierdie liedere hoor. Kersliedere sou vrede bring tussen ‘n klomp dronk kroeggangers. 3. Die eerste kerslied wat ooit opgeteken is het dit ook gedoen. Dit het dit nie net gedoen nie, maar ook belowe. Onthou u? 2000 jaar gelede het engele ‘n spesiale lied gekomponeer en gesing aan ‘n klompie skaapwagters in die veld net buite Bethlehem. “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde…..” 4. Vrede op aarde! Die interessante is dat wanneer vers 13 praat van “’n menigte engele” praat die engels van “….a multitude of the heavenly host praising God…….”. En die Griekse woord wat met “host” vertaal is beteken ‘n weermag! God se weermag wat sing oor vrede????? Dit was die belofte van die eerste kerslied wat ooit gesing is. Maar sonder God en sonder sy vrede kan die wereld ‘n baie wrede plek wees. Baie pogings is al aangewend om vrede te bewerkstellig tussen mense en volke sonder dat God se vrede ter sprake kom. 5. 27 jaar voor die geboorte van Jesus was dit ‘n vreemde tydperk in die geskiedenis van Rome. Die Pax Romana – Die vrede van Rome was ingestel. Dit het begin met Augustine, die keiser van Rome, en het geduur tot ongeveer 180nC. Vir ongeveer 200 jaar het Rome in vrede geleef. Dit het iets geoffer wat vir die Romeine en die wereld op daardie stadium uiters vreemd was. Rome was nie in ‘n enkele oorlog gewikkel nie. 6. Maar hierdie Pax Romana, hierdie vrede was net bedoel vir hulle wat Romeine was. En as jy nie ‘n Romein was nie kon jy vrede beleef het, maar dit was nie gewillig nie. Hierdie sogenaamde vrede is op jou afgedwing met ‘n swaard. Jy het dinge gedoen die manier waarop die Romeine gedoen het of jy sou die prys betaal het. Vandaar die bekende spreekwoord “When in Rome, do like the Romans do!” 7. Maar alhoewel Rome in hierdie tydperk in geen oorlog betrokke was nie en almal gedink het hulle beleef ongekende vrede, was dit eintlik ‘n uiters vredelose tydperk vir die Romeine gewees. Dit was ‘n tyd van uiterste onsekerhede. Hierdie vredestydperk was die tyd waarin die meeste Romeinse keisers dmv teregstellings vermoor is. Keiser Caligula was wreed en kranksinnig en is vermoor Hierna was dit Nero – ons almal weet hoe hy Rome aan die brand gesteek het en toe die Christene daarvan beskulidg het en hulle in die Colloseum vir wilde diere gevoer het tot groot vermaak van die Romeine. Toe kom Titus op die toneel. Dit is hy wat die inwoners van Jerusalem vermoor en die tempel tot op die grond afgebreek het. 8. Hierdie was ‘n tydperk van vrede op papier vir die Romeine, maar daar was geen vrede in die harte van mense nie. En toe die engele sing dat die Messiaskind gekom het en vrede gebring het, het hulle gesing van iets wat Rome en Palestina en die hele wereld op daardie stadium bitter nodig gehad het. Hulle het iets geoffer wat Rome nie vir die mense kon bied nie. Was God se tydsberekening nie perfek vir hierdie geboorte nie? 9. Dat Hy juis sy Seun wat vrede kan gee stuur op ‘n tyd wat die hele mensdom besef het dat die Pax Romana net menslike vrede is wat nie bestaan nie. Maar dat hierdie babatjie vrede gaan bring wat geen mens in staat was om te bewerkstellig nie. Tydens Jesus se aardse bediening het Hy die mense hieraan herinner toe Hy in Joh 14:27 gese het: ““Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie.” 10. Jesus het gese dat Hy vrede bring wat die wereld nie kan bring nie. En dan kyk ons maar net rondom ons, lees maar die koerante en sosiale media en kyk na die plekke waar die wereld vrede gaan soek. Drank, dwelms, prostitusie, in meditasie, deur volstruispolitiek te beoefen en dink die vrede gaan kom in hulle lewe as hulle die probleme ignoreer. 11. Maar dis asof mense nie besef dat hierdie dinge nie hulle probleme gaan wegneem en vrede gee nie. Daar is nie pille vir vrede nie, ook nie ‘n kortkursus van 8 punte tot volkome vrede nie, niks wat jy rook of drink gaan vir jou vrede bring nie. Wanneer Jesus se: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle……..” dan se Hy eintlik dat Hy die eienaar van vrede is. Hy se MY vrede gee ek vir julle. 12. Hy is die eienaar van vrede. Die besitter daarvan. Geen mens of medikasie of meditasie of kursus gaan dit vir jou gee as jy dit nie by die eienaar van vrede gaan soek nie. Ek praat eendag met iemand en hy se vir my dat hy ‘n fout gemaak het wat baie seer en pyn vir sy gesin en familie veroorsaak het. Hy het gesukkel om daarmee vrede te maak. En hy het aanhoudend gepraat oor hierdie fout wat hy gemaak het. 13. En toe ek sy fout by die naam aanspreek en dit SONDE noem, was hy baie verontwaardig. Maar as dit net ‘n fout was, waarom het die skuld hom dan so gery? Waarom het hy skaam en skuldig gevoel as dit maar net ‘n blote fout was? Dis eenvoudig. Want dit was nie net ‘n fout nie, dit was sonde. En hy sou geen vrede in sy hart vind as hy nie by God vergifnis daarvoor gekry het en sy sonde laat staan het nie. 14. En as hy sou aanhou om dit ‘n fout te noem dan sou hy aanhou om op homself staat te maak om die fout reg te maak. Foute kan onsself regstel, maar sonde is iets wat net God kan uitvee. Hy het nodig gehad om te besef hy het gesondig en dat hy dit moes bely en by God vergifnis en daarmee saam vrede moes kry. 15. En deel van die rede waarom mense nie vrede kan vind nie is omrede God se konsep van vrede nie vir hulle sin maak nie. In hulle gedagtes kan vrede slegs kom deur die regte aantal nulle op hulle bankrekening te he, die regte werk te he, die regte huweliksmaat te he, as almal my net reg behandel en as my gesin en my familie my tog net verstaan. Dan gaan ek vrede he. 16. En daarom neem mense hulle toevlug na dinge soos drank en dwelms en meditasie ens wanneer hulle vrede soek. EN hulle verstaan nie dat vrede begin het by ‘n kind in ‘n krip nie. As jy vrede wil he wat ewigdurend is, gaan soek dit by dieselfde plek as die skaapwagters. Want hulle het gehoor, uit die perd se bek, by die engele self, dat dit hierdie kindjie is wat vrede bring. 17. Paulus noem dit die “Vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” in Fil 4. Die vrede van God maak nie vir mense sin nie. Dit gaan alle verstand te bowe. En Paulus kon skryf dat hy die vrede van God in sy hart gehad het……..WAAROM?.......want hy het die God van vrede in sy lewe gehad! 18. En dan gaan hy aan om te se dat hy hierdie vrede beleef het ten spyte daarvan dat hy soms genoeg gehad het maar soms ook gebrek gelei het. Vrede is nie omstandighede nie. Ware vrede word nie gevind wanneer dit met my goed gaan nie. Ware vrede word gevind in ‘n verhouding met Christus. Dis hoekom Paulus selfs vanuit die tronk kon verkondig dat die vrede van Christus wat alle verstand te bowe gaan by hom is. 19. En net voor dit vertel Paulus in geen onduidelike terme vir ons waarom hy dan met soveel gesag oor hierdie vrede kan praat. Hy se dat ons ons gedagtes moet rig op “……alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees”. 20. Die wereld doen dit nie. Hulle rig hulle gedagtes op banksaldos, duur motors en duur huise, oorsese vakansies, die regte sosiale status ens. Dis waarop die wereld hulle gedagtes rig. En dan wonder mense wat sonder Christus leef waarom hulle geen vrede beleef nie. 21. Want God dink heeltemal anders oor vrede. Sy weermag se eerste aankondiging op aarde was oor vrede, sy vrede gaan dan alle verstand te bowe. God se vrede is anders as die sogenaamde vrede wat die wereld bied. Een van die dae vier ons die koms van die Vredemaker. Dit gaan ons baie baat om dit te onthou in hierdie tyd. 22. “Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.” (Jes 9:5)