Datum:
Prediker:
Skrifgedeelte:
Tema:
Boodskap:
1. U sal seker vanoggend saam met my stem dat ons moeilik in die OT sal vind dat die verlossing van die mens van sonde bespreek word? Maar dis duidelik nie hoe Jesus na die OT gekyk het nie. En wanneer ons blaai na Luk 24 vind ons die verhaal van Jesus se interaksie met die Emmausgangers. 2. En vir die Emmausgangers se Jesus die volgende: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie?”. Jesus se nie vir hulle dat hulle sy verlossingsplan, dit wat aan die kruis gebeur het moes verstaan op grond van wat HY vir hulle gese het nie. Nee, Hy se vir die Emmausgangers dat hulle dit moes verstaan het omrede hulle die OT het. 3. Ons vind dieselfde in Johannes 5. Aan die einde van Joh 5, in vers 45 se Jesus vir die Jode die volgende: “Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal aankla nie; dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat vir julle aankla. 46As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe. 47Maar as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” Moses het oor U geskryf? Waarvan praat U Jesus? 4. Bedoel U ons kan na die Pentateug toe gaan, die eerste 5 boeke van die OT wat aan Moses toegeskryf word, en iets daarin vind van U verlossingswerk vir hierdie wereld? Dis presies wat Jesus bedoel, want verlossing is nie iets wat na die tyd kom nie, dis nie iets wat vir nabetragting is nie, ons vind dit in die blaaie van die Bybel van begin tot einde. 5. So ek wil he ons moet blaai na ‘n baie bekende OT skrifgedeelte waarin ons Jesus in al sy glorie gaan aanskou. Maar wanneer ons dit doen moet ons baie versigtig wees. Ons gaan nie die Bybel allegoriseer nie, maw elke ding wat ons in die OT lees maak ons op een of ander wyse van toepassing op Jesus nie. Of dat dit op een of ander wyse iets van Jesus moet simboliseer nie. Dan hanteer ons die Bybel verkeerd. 6. Maar wat ons ook nie kan doen nie is om die OT te lees asof die verlossingsplan van God en die rol wat Jesus daarin speel in die OT onbelangrik was nie. So ons gaan ‘n baie bekende teks in die OT lees maar ek wil eers he ons moet kyk na hoe ons dit altyd in die verlede hanteer het. En dan kan ons sommer daarmee saam bely ook. 7. In Genesis 36 tot 45 vind ons die verhaal van Josef. En die hoogtepunt van sy verhaal vind ons in hfst 41. So in hfst 41 was Josef reeds in die put, hy was reeds in Potifar se paleis, hy was reeds in die gevangenis en nou bevind hy homself in die Farao se paleis. En hierdie is die oomblik wat Josef voor die Farao staan, en die Farao kondig aan hoe tevrede hy met Josef is. 8. Hoekom? Want Josef het drie pare drome uitgele op sy pad tot hier. Die eerste 2 drome kry hom in die put. Ons lees daarvan in hfst 37. In die eerste droom vertel Josef vir sy broers, wat terloops hom op hierdie stadium alreeds haat, van sy droom wat eintlik voorspel dat sy broers voor hom gaan buig. Nie so goed afgeloop nie. Dan het hy nog ‘n droom. En nou vertel hy nie net vir sy broers nie, maar hy vertel sy pa ook. En dit loop nog slegter af. En hierna beland hy in die put. 9. Hierna eindig Josef in die gevangenis en hier ontvang hy nog twee drome. Die een oor die skinker en die ander oor die bakker. Een eindig wonderlik, maar die ander, nie so veel nie. En dis daardie 2 drome wat lei tot sy vrylating 2 jaar later. En nou staan hy voor Farao wat versoek dat Josef sy 2 drome uitle. 10. Die Farao het gedroom dat hy aan die wal van die Nyl gestaan het. 7 vet koeie het uit die rivier gekom en in die gras gewei. 7 maer koeie het ook uit die rivier gekom en die 7 vet koeie opgevreet. Maar hulle het maer gebly. En Farao het ‘n 2de droom gehad. 7 mooi are en 7 droee are. Die droee are sluk toe die mooi are in. 11. En Josef se vir die Farao daar gaan 7 jaar van oorvloed wees gevolg deur 7 jaar van hongersnood. So wat jy Farao moet doen, is om in die sewe jaar van oorvloed op te gaar sodat daar genoeg sal wees vir die 7 jaar van hongersnood. 12. En dis hierdie oomblik wat ons altyd beskou het as die loon op Josef se lewe. Want in Sondagskool is ons mos die volgende geleer: Josef is deur sy broers gehaat! Het iemand jou al ooit gehaat? Jaaaaa. En omrede hulle hom gehaat het, het hy deur slegte omstandighede gegaan. Het jy al ooit slegte omstandighede beleef? Jaaaa! Maar omrede Josef die slegte omstandighede verduur het en God met hom was, het God hom verhef tot die 2de hoogste posisie in die hele Egipte. 13. En die moral of the story is as jy God vertrou, selfs as mense jou haat, gaan God jou uiteindelik beloon en jou verhef tot ‘n posisie van prominensie. Van belangrikheid! Net soos Josef! Werklik???? Is dit waarom Genesis 41 in die Bybel is? Is dit moontlik? Want ons weet die regte lewe werk nie so nie. Nie almal, of laat ek se, weinig, indien enige mense wat deur ander gehaat word, word verhoog soos Josef. Is daar dan nie dalk ‘n ander rede vir die verhaal van Josef nie? 14. Kom ons kyk. Gestel jy lees die Bybel vir die eerste keer. En jy kom by Genesis 41 uit. As jy ‘n eerlike en verantwoordelike leser is en jy kom by Gen 41 gaan jy nie opstaan en vir Josef hande klap nie. Jy sal op jou kniee neerval en vir hom bid! Want hierdie oomblik mag dalk die slegste oomblik in sy hele lewe wees. 15. En ek verstaan as u op hierdie punt meer vrae as antwoorde het. Maar laat my toe om te verduidelik. Kom ons lees Genesis 41. En ons moet dit lees binne sy konteks om te kan sien waar Jesus hier inpas. Ons lees vers 37: “Die farao en al sy amptenare het Josef se raad goedgevind. 38Toe sê die farao vir sy amptenare: “Waar kry ons so iemand, 'n man met die verstand van 'n god?” 16. Dit beteken nie dat die Farao sopas tot bekering gekom het nie. Wat hy bedoel is dat Josef se kennis het gekom van iets groter as Josef. Hou in gedagte dat Farao homself as ‘n god beskou het. Maar hy erken dat iets bonatuurliks in Josef gebeur het. Ons lees verder: 39“Die farao het daarop vir Josef gesê: “God het jou dit alles bekend gemaak. Daaruit is dit duidelik dat niemand soveel verstand en wysheid as jy het nie. 40Ek stel jou aan oor my paleis. “My volk moet jou gehoorsaam. Net ek sal meer mag hê as jy.” 41Die farao het verder nog vir Josef gesê: “Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipte.” 17. STOP NET DAAR!!! Skielik het Josef gegaan van die put, na die paleis van Potifar, na die tronk, en nou is hy 2de in beheer van Egipte. En ons se dis die oomblik wat God vir Josef beloon vir sy getrouheid? Ek dink nie so nie!! 18. God het ‘n Verbond gesluit met Josef se groot oupagrootjie Abraham. Josef is deel van hierdie verbondsgemeenskap. En die Verbond wat God met Abraham gesluit het is nie dat sy nakomelinge heidense konings sal dien nie. Maar dis presies wat nou met Josef gebeur. En Josef is ‘n verbondskind. 19. Josef is 2de in beheer naas ‘n heidense koning wat homself as god beskou. Iemand wie se hele bestaan lasterlik is teenoor God. Hierdie heidense koning wat dink hy is ‘n god se aan ‘n verbondskind van die Allehoogste God, “Jy is nou my dienskneg wat vir my gaan dien tot voordeel van MY koninkryk waar ek god is!” Werklik??? Is dit hoe ons dink God sy kinders beloon as hulle maar net getrou bly? 20. Maar dit hou nie hier op nie. Kom ons lees verder: “42Toe haal die farao sy seëlring af en steek dit aan Josef se vinger. Die farao het vir Josef linneklere laat aantrek en 'n goue ketting om sy nek gehang 43en hom laat ry op die tweede beste wa van die farao. Daar is voor Josef uitgeroep: “Betoon hom eer!” So is Josef oor die hele Egipte aangestel.” Nou in die Hebreeus staan daar geskryf “Buig die knie!”. 21. En maak nie ‘n fout nie. Daar is ‘n doelbewuste konneksie tussen die uitroep hier en die eerste paar drome wat Josef gehad het wat hy geinterpreteer het. Josef het gese sy droom beteken dat sy broers die knie voor hom sal buig. Maar hulle sal hom eerder doodmaak as om voor hom te buig. En met die ingryping van Ruben verkoop hulle hom aan Midianietiese handelaars. 22. Josef, die verbondsgemeenskap het jou nie aanvaar nie, maar ons heidene sal. Jou familie het jou nie aanvaar nie, maar moenie bekommerd wees nie, die heidene sal! Jou broers sou jou eerder doodmaak as om die knie voor jou te buig! Maar hierdie heidene sal die knie voor jou buig. En Josef het nou die seëlring, hy dra linneklere en hy ry ‘n Rolls Royce. En nou het Josef nie net heidense mag nie, maar ook heidense rykdom. Onthou u nou weer ons sondagskool les? 23. Dis wat ons geleer is waarom ons net aan God moet vashou. Want jy sal beloon word. Het ons al mooi na Josef se sogenaamde loon gekyk? Jy sal mag en rykdom kry was die boodskap gewees. En ons wonder waarom so baie mense mag en rykdom najaag. Want ons is vanuit die Bybel geleer dat dit is waaroor die lewe gaan. 24. Maar ons lees verder. Vers 44. “Toe het die farao vir Josef gesê: “Ek bly die farao, maar sonder jou toestemming mag niemand in Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit nie.”45-46Die farao het Josef Safenat-Paneag genoem en vir hom Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, as vrou gegee. Josef was dertig jaar oud toe hy in die diens van die farao die koning van Egipte getree het. Josef is van die farao af weg en het die land deurgegaan, die hele Egipte.” 25. Hoor u dit? Nie net het hy ‘n heidense posisie met heidense mag en geld nie, hy kry ook ‘n heidense identiteit. ‘n Heidense naam! En op die koop toe kry hy ‘n heidense vrou wat die dogter was van ‘n priester van ‘n heidense afgod!!!!!!!! 26. So kom ons recap net vir ‘n oomblik. God maak ‘n Verbond met sy mense. Hierdie Verbond het te doen met ‘n beloofde saad wat vanuit hierdie Verbond gaan voortspruit, dit het te doen met ‘n beloofde land en dit het te doen met seeninge van Israel af na die ander nasies toe. 27. Nou word Josef, wat die eerste beloftes van die verbond beleef deur in die beloofde land te leef, weggevat van sy Vader af, weggevat van die verbondsgemeenskap af en weg van die beloofde land af na ‘n heidense land waar hy heidense mag en heidense rykdom kry, waar hy ‘n heidense identiteit en ‘n heidense vrou kry en ons het van kleins af geleer maar ons kan dit ook kry. 28. As dit is hoe ons Gen 41 interpreteer waarom word ons dan kwaad as ‘n jong man opgroei, die kerk verlaat, ‘n heidense vrou trou en sy hele lewe daaraan wy om net meer geld en roem en rykdom te verkry? Want as jy hom sou aanvat daaroor kan hy mos net staan op sy Sondagskool lessie. 29. Maar genadiglik het Josef goed geweet dat hierdie posisie van hom nie ‘n loon was op die swaarkry wat hy moes deurgaan nie. Vers 50: “50Reeds voor die jare van hongersnood begin het, is daar vir Josef twee seuns gebore. Sy vrou Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir Josef in die wêreld gebring. 51Hy het die oudste Manasse genoem, “want,” het hy gesê, “God het my alles laat vergeet: al my swaarkry en alles wat my familie my aangedoen het.” 52 Josef het sy ander seun Efraim genoem, “want,” het hy gesê, “God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek verneder is.” 30. In die eerste plek gee hy sy kinders Hebreeuse name. Nie Egiptiese name nie. Hy se vir enigiemand wat aandag skenk “Ek beskou myself nie as ‘n Egiptenaar nie!” Ek is ‘n Hebreer. Ek is deel van die verbondsvolk van God. Tweendens beteken Manasse nie dat ek my vader se huis en my volk vergeet het nie. Dit beteken God het my al die swaarkry laat vergeet wat my tot hier gebring het. Ek laat my nie definieer deur die swaarkry wat ek tot hier beleef het nie. 31. Derdens, Efraim, God het my vrugbaar gemaak in die land waar ek verneder is. Het u dit gehoor? Egipte is vir Josef die land van vernedering. Nie die loon op al sy swaarkry nie! Ja maar Egipte het jou ryk gemaak. Nee, dis die land van my vernedering. Maar hier buig hulle voor jou en jou broers wou nie. Nee, dis die land van my vernedering. Want dis nie waarvoor ek leef nie. Ek is ‘n verbondskind! 32. So hierdie is nie Josef se beloning vir al sy swaarkry nie. Ons kan maar bely oor dit wat ons ons kinders geleer het oor Gen 41. Nie eers Josef het dit so beskou nie. So hier is die groot vraag: Waarom dan Gen 41??? Ek is so bly u vra. 33. Josef antwoord hierdie vraag self wanneer sy broers opdaag. Hy maak homself uiteindelik bekend aan sy broers. Hy kan nie wag vir hierdie oomblik nie. En wanneer Josef homself aan sy broers openbaar is dit belangrik dat ons eerstens sal kyk na wat hy NIE doen nie! Hy se nie vir sy broers “Ek is Josef, die een wat julle verkoop het in slawerny, die een wat julle wou doodmaak, ek is die een wat julle nie veel van gedink het nie maar God het my in hierdie posisie geplaas as loon vir dit wat julle my aangedoen het.” Hy se niks hiervan nie. 34. Dis wat ons sou u sou gese het. Hoe weet ek dit? Want dis wat ek sou gese het. Wat se Josef? Hy se in hfst 45 vir hulle: 4“Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring. 5Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red”. Die Hebreeus se “om JULLE lewens te red”. Josef se nie dat God hom Egipte toe gestuur het om alles te kry Egipte hom kan bied nie. 35. Josef se God het hom Egipte toe gestuur want God is in die verlossings besigheid. Hy is ‘n Redder! God het my hiernatoe gestuur om julle te red ten spyte van wie julle is. God het deur my drome vir julle gese dat hierdie oomblik gaan aanbreek waartydens julle voor my gaan buig, en toe ek dit vir julle vertel het, het julle gekies om my dood te maak! 36. Klink dit vir u bekend?? Maar ek is nie kwaad nie. Want ek het daardie dinge laat gaan – Manasse. En hierdie is nie my huis nie. Maar ons sien ook later weer waaroor hierdie verhaal van Josef gaan as sy broers weer vir ‘n 3de keer terugkom na Josef toe, steeds onbewus van wie hy was. 37. En Josef het ‘n silwerbeker in Benjamin se sak geplaas en toe die broers by Josef terugkom het Josef gese dat hy die een in wie se sak die beker gevind is as slaaf sal vat. En dan kom die antwoord van Juda, die oudste broer. En hier is die kruks van die hele verhaal. Gen 44:33: “Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan” In die Hebreeus se Juda vir Josef laat ek my broer se plaasvervanger wees dat hy kan vrygaan terug na ons vader toe. 38. Klink dit bekend? Duisende jare later lees ons dat Jesus vir die Emmausgangers se dat hulle maar net kan lees wat Moses oor Hom geskryf het. Dat, soos Josef ‘n prys geeis het vir die loslating van Benjamin, God ook ‘n prys geeis het vir die verlossing van sy kinders. Dat soos Juda bereid was om as plaasvervanger op te tree vir Benjamin, God se Seun bereid was om as plaasvervanger in te tree vir God se kinders. 39. En soos wat Juda se optrede Josef tevrede gestel het, Jesus se optrede God die Vader tevrede gestel het. Israel het die hongersnood oorleef agv Juda se optrede, en so oorleef God se kinders die ewige dood as gevolg van die Seun se bereidwilligheid. 40. Waarom is Genesis 41 belangrik? Want God red vir Josef, sodat Hy Juda kan red, sodat Hy Israel kan red, sodat hy my kan red! Dit gaan nie oor rykdom en status nie. Dis God wat in sy voorsienigheid die geskiedenis so orkestreer dat dit uitloop op dit wat ons meer nodig het as enigiets anders. Verlossing! En so wys die hele OT heen na God se verlossingswerk wat uiteindelik uitloop op Christus.