Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Ek het hierdie week weer geluister na mense se kleintyd vakansiestories — veral hoe hulle gereis het. Party het gejaag: net stop vir petrol, kinders moet vinniger wees as die petroljoggie. Ander het by elke stalletjie gestop, elke mooi plek bewonder. En toe tref dit my: wat as die lewe nie ’n reis is nie? Nie ’n gejaag na ’n bestemming, ’n mikpunt, ’n “as ons net eers daar kom…” nie. Want soos die Skotsman gesê het: “If I live, God is with me; and if I die, I am with God.” Nou is daar nie meer ’n ver plek om te bereik nie — God is reeds hier. En wanneer ek dit besef, begin ek weer raaksien: die mooi, die misterie, die skepping. Soos wanneer ’n ouer saam met ’n kleinding in die tuin sit en die kleure, skakerings en detail van ’n blom wys. Die gewone word weer spesiaal. Die oomblik word kosbaar. As die lewe nie ’n reis is nie, kan ek ophou jaag… en begin wees. Wees wie God my gemaak het om te wees. Jesus sê in Johannes 3: ons moet wedergebore word — oorgeskep word na die mens wat God nog altyd in gedagte gehad het. So hierdie week bid ons: Here, vernuwe ons. Maak ons weer. Laat ons raaksien. Nie ‘n bestemming nie — net verwondering.