Datum:
Opskrif:
Gedagte:
GEDAGTE VIR DIE WEEK #ngden Vandag, op hierdie laaste deel van Paasfees, met alles wat Jesus vir ons aan die kruis en met Sy opstanding gedoen het ... is ek by die liedjie van John Lenon ... Imagine. Die woordjie is darem so betoweringsvol. Dit sê daar’s ‘n nuwe wêreld daarbuite, as jy net kan Imagine. Nou John Lenon is negatief, sy wêreld is rigied, dis wat hy kan sien hier voor hom and that’s it. Daar’s niks meer nie en Dawid se wêreld in Psalm 23 is groot en oop en wyd met ‘n God wat vir hom sorg en vir my sê Imagine there is a heaven, a God above looking down in tender love as jy wil. En ek is by Elia die Tisbiet, ‘n bywoner uit Gilead. Nou die woord bywoner sê al vir jou dat die mense om hom dalk ook maar ge-Imagine het: dis nie royalty die nie ... dis nie ‘n ou wat dit gaan maak nie. Maar God gaan haal ... Imagine dit ... hierdie bywoner daar en Hy gebruik hom as profeet om vir Israel te sê dit gaan nie reën nie en dan reën dit vir drie jaar nie. Hulle stuur dan vir Elia na die Kritspruit en sê vir hom om daar te gaan bly. En Imagine hoe die Here vir hom sorg op die buitengewone manier met die kraaie wat vir hom vleis bring en brood bring en water uit die spruit en as die kos opraak dan stuur die Here hom ... imagine dit ... nie na die volk Israel toe nie, maar na ‘n heidense volk, na die weduwee in Safrat. En toe hy daar kom kry hy die vrou en hy sê vir haar: “Ek is honger, maak vir my kos” en sy sê: “Meneer, ek kan nie. Ek tel nou stokkies op om die laaste bietjie meel en olie te gebruik om vir my en my seuntjie kos te maak en dan is dit ons realiteit. Ons gaan nou van die honger doodgaan. Daar is nie ander moontlikhede nie.” In soveel woorde, ek borduur nou bietjie: En dan sê hy vir haar: “Imagine, hoor daar is ‘n God en Hy sê ... gaan maak. Gebruik jou meel, jou laaste bietjie en jou laaste bietjie olie, want God sal sorg dat dit nie opraak nie.” En sy het gegaan. En ... imagine dit ... sy’t gaan waag as jy wil en sy het gaan doen wat die profeet sê. En die Here het gesorg dat die olie in die kan nie minder word nie en die meel in die kruik nie opraak nie. Totdat die Here laat reën het weer op die land. Ek weet nie wat op hierdie oomblik uitspeel in jou lewe nie ... maar, ek wil vandag net vir jou sê ... imagine ... imagine wat God kan doen as jy Hom die kans gee. Imagine op die paaie wat God jou sal lei. Imagine hoe God jou sal vernuwe en verander as jy jou lewe oopgooi vir Hom. Sê Here ek is ‘n wit vel papier. U kan teken en verf na U behae. Imagine wat God kan doen.