Datum:
Opskrif:
Gedagte:
7/2 Goeiemore. Dis Dirk wat met u gesels en vanoggend kyk ons weer na ‘n interessante teksvers in die Skrif. So leer ons mekaar ook oor sekere dinge in die Skrif wat ons of nie verstaan nie, of miskien in die verlede net misgelees het. Waarna verwys die ereplek van Lukas 16:22? Of soos dit n die OV staan, die boesem van Abraham. In Luk 16:22-23 in die OV lees ons dat die enegel vir Lasarus na Abraham se boesem gedra het. Die Griekse woord wat met skoot vertaal word, verwys na die voorkant van jou liggaam, van jou bors tot by jou bene. Om Luk 16 te verstaan moet mens weet dat die mense in die antieke wereld altyd op hulle sy op ‘n rusbank gele het wanneer hulle geeet het. Die gaste het in ‘n hoefyster formasie om die tafel gele, met die gasheer aan die bopunt. Die belangrikste posisie na die van die gasheer, was die een aan sy regterkant. Daardie persoon het dus reg voor die gasheer gele, dws in sy skoot. Lasarus het nie op Abraham se skoot gesit nie, maar dis bloot ‘n beeld om te se dat hy ‘n ereplek by Abraham gekry het. Die woord wat vir skoot gebruik word kan ook verwys na ‘n vrou se baarmoeder. So lees ons in Luk 1:41 dat toe Elisabet hoor hoe Maria haar groet, die baba in haar skoot beweeg het. Die rokke van die antieke mense het ook nie sake gehad nie, maar as hulle ‘n gordel om die middle gebind het kon hulle in die bokant daarvan iets ingooi. Job se in Job 31:33 dat hy nooit sy sondes in sy boesem weggesteek het nie. ‘n Mens kon ook jou hande in hierdie boonste deel van jou rok steek soos om jou hande in jou sak te steek. En dit is ook waar die idiom “om jou hand in eie boesem te steek” sy ontstaan vandaan gekry het. Here, dankie dat daar nie in vandag se tyd net ‘n ereplek in U koninkryk is vir een mens wat aan U regterkant sit nie. Dat alle gelowiges kan weet da tons in U koninkryk ‘n ereplek sal he. Amen