Datum:
Opskrif:
Gedagte:
5/2 Goeiemore aan u elkeen. Dirk wat u groet vanmore. Kan u glo dat dit al die tweede maand van die jaar is? Dit voel soos gister wat ons nuwejaar gevier het. Onlangs se iemand vir my dat haar kind hierdie jaar skool toe is. En my reaksie aan ouers wat dit vir my se is altyd dieselfde: Wees versigtig Ma en Pa. voor jy jou oe uitvee is hulle uit die skool uit. Ek dink soms so oor ons eie 3 kinders. Daar is so baie dinge wat ek graag nog vir hulle wou leer terwyl hulle klein was, wat ek saam met hulle sou wou doen toe hulle nog soos klein sponsies was. En nou is hulle al volwassenes. Ja, tyd vlieg. En dit vlieg teen ‘n geweldige spoed. Daarom dat Paulus vir ons se dat ons die beste gebruik moet maak van elke geleentheid. Sjoe, dis min woorde wat geweldig baie se. Paulus se dat ons elke geleentheid moet benut om tot eer van Christus te lewe. Om iets van Christus in iemand anders se lewens te wees. Maar dit het ook betrekking op dit wat God aan ons toevertrou het om te versorg. Ons huwelik, ons gesin, ons werk, vriendekring ens. Elke dag doen talle geleenthede hulle voor waar ons die evangelie van Christus met mense kan deel. Nog beter, waar ons die evangelie van Christus kan leef. Binne ons huwelik, ons gesin, by die werk en tussen ons vriende. Die vier slegste woorde wat ‘n mens seker kan uiter is die woorde “As ek maar net…”. Dit is gelaai met spyt, met bejammering, selfs met hartseer en verwyt. Maar om die beste gebruik te maak van elke geleentheid is die beste manier om te verhoed dat u hierdie woorde sal uiter. Dan soek ons geleentheid om tyd met diegene te spandeer wat vir ons belangrik is. Om te deel, in ander se lewens te belê, om ander se lewens te vul met die liefde van Christus. Dan gaan u nie eendag wens om die horlosie terug te draai na die tyd toe u kinders nog klein was nie, of toe u nog gesond was of maerder was of genoeg geld gehad het nie. Maak die beste gebruik van die geleenthede wat NOU oor u pad kom. Spandeer ekstra tyd saam met jou huweliksmaat, jou kinders, jou vriende, almal wat vir jou lief en dierbaar is. Voordat die dag kom wat u dalk gaan se “As ek maar net”. Vader, gee asb vir ons geleenthede waar ons ander se lewens kan vul met u liefde. In Jesus Naam. Amen