Datum:
Opskrif:
Gedagte:
Hierdie epos het my diep laat dink. Ek deel dit graag met jou. In hierdie week van gebed het ek herhaaldelik moes verwys na ond verlede, goed wat ons moet bely wat nou nog effek op ons lewens dalk het, dat ons moet skkonmaak voor God. Gisteraand (Woensdag sn) was oor geseënd is die wat rein van hart is ... En vanoggend toe kom die boodskap by my aan. Besonders. Jakob Dink vir ’n oomblik oor die dag wat voor jou lê. Dink aan jou program, die afsprake wat jy het, die mense wat vandag oor jou pad gaan kom. Dalk moet jy vandag ’n moeilike saak beredder, of ’n lastige kliënt hanteer. Hoe gaan jy maak om te verseker dat jy bo uitkom? Miskien is hierdie blog dan spesiaal vir jou ... Ons ken almal vir Jakob. Die naam Jakob beteken bedrieër, en dit was hy by uitnemendheid. Hy was altyd reg vir ’n skelmstreek, altyd reg om ’n ander ou in te loop. Jy onthou mos hoedat hy die eersgeboortereg by sy broer Esau gekoop het vir ’n pot lensiesop. En hoe hy sy pa Isak bedrieg het om die eersgeboorteseën in die hande te kry. Toe moes hy vlug, en hy gaan bly in Haran. En daar het hy en sy skoonpa Laban mekaar die loef probeer afsteek met hulle skelmstreke. Ek hoef jou nie te herinner aan Jakob se huwelik met Ragel, wat toe eintlik Lea was nie! En dan sy ondervinding by die Jabbokspruit, op pad terug uit Haran. Jakob, die aartsskelm, is na 20 jaar, amper weer in Kanaän, en hy moet dié spruit deur om in die beloofde land terug te kom. En hy is bang, want sy broer Esau wag hom in met ’n gewapende bende. Dié nag keer God hom voor by die Jabbokrivier. Ons lees in Gen 32:24: “... ’n man het tot dagbreek met hom gestoei.” Dié geheimsinnige man is ’n spesiale gesant van God self. In die gestoei raak Jakob se heup uit lid, wat hom die res van sy lewe aan dié nag sou herinner. En die man sê vir Jakob hy sal hom net laat gaan as hy vir hom sê wat sy naam is. Dan moet Jakob erken en bely: Ek is Jakob. Ek is ’n bedrieër, ’n skelm. Dís waaroor dit daardie nag van worsteling by die Jabbok gegaan het: Jakob moes verantwoording doen aan God vir sy dade. Hy ontdek dat hy nie net met Esau moet gaan regmaak nie, maar veral ook met God moes regmaak. Voordat hy die beloofde land as erfenis kon ontvang, moes hy eers teenoor God sy skuld bely en vrede maak. Toe eers kon hy die seën van die Here ontvang vir sy lewe in Kanaän. Jakob het daardie nag ’n nuwe mens geword. Die aartsskelm het uiteindelik ’n aartsvader geword, iemand wat waardig was om voorvader vir die beloofde Messias te wees. Daarom kry hy ’n nuwe naam, Israel, as teken dat hy ’n nuwe mens geword het. Wat vir my merkwaardig is, is dat ons ná die nag by die Jabbok nie weer van ’n enkele skelmstreek van Jakob lees nie. Hoe sê die Woord? Iemand wat aan God behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom ... En jy? Was jy al by jou eie Jabbok om vrede met God te maak? Seënwense! Jaco Thom Naskrif: As jy van iemand weet vir wie hierdie e-pos iets sal beteken, stuur dit asb. vir hom/haar aan. Plaas asb ook info@bybelkoerant.co.za in die CC-blokkie dat ek dit kan opvolg.e