Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
LERAAR: Ds. Dirk Du Preez 1. Sondag, 27 Sep. 09:00 – Erediens Geen KKNK – Gemeente Teelepel ete om 11:00 Bring ‘n gereg vir jou gesin (en ‘n bietjie ekstra) en ons kuier almal lekker saam. Bring asb. eie drinkgoed en glase (eetgerei en nagereg sal verskaf word) 2. Dinsdag, 29 Sep. 10:00 - Bybelstudie 14:30 – Veekraal Bybelstudie 18:00 - Gebedsgeleentheid 3. Vrydag, 02 Okt. 07:00 – 13:00 : Klereverkope 18:00 – Souled-out Youth 4. Boks in voorportaal Daar is ‘n boks in die voorportaal wat gebruik kan word vir preekvoorstelle, gebedsversoeke, dankoffers en seilevorms 5. Broodblik Daar sal elke Sondag buite by die kantdeur ‘n brood beskikbaar wees vir die wat dit benodig. 6. Brood benodig: Tans kort ons 30 brode per week vir ons onderskeie projekte wat insluit Broodblik, Koffiekan en Skoolbroodjies. Brood word in die vrieskas gehou en alle skenkings sal opreg waardeer word. 7. Besoeke Indien jy huisbesoek of siekebesoek benodig, kontak asb. jou kerkraadslid, Ds. Dirk of die kerkkantoor.