Datum:
Gemeentedeel:
Nuus:
Deurkollekte: Gryse Jeug Tehuis. 1. Sondag 04 Nov 09:00 Erediens en Kleuterkerk. 10:00 Kategese. 17:00 Selgroep. 18:00 Vaalmarina Erediens. 2. Dinsdag 06 Nov Ringsleraars. Geen Gebedsgroep of Bybelstudies. 18:30 Gebedsgeleentheid. 3. Woensdag 07 Nov 18:30 Kerkraadsvergadering. Ons vra u voorbidding. 4. Donderdag 08 Nov 17:30 Helplift vergader. 18:30 Sanggroep. 5. Kategese klasse verloop as volg: Kleuterkerk: vanaf 3 jaar tot graad R. Juniorkategese: Graad 1 tot 6. Seniorkategese: Graad 7 tot 11. 6. Biblioteek – In die konsistorie is christelike leesstof. Daar sal voortaan Sondae boeke beskikbaar wees in die portaal vir u gerief. Neem met vrymoedigheid en gaan lees. 7. Glimlag-projek 2018. Ons benodig – Lekkergoed, toiletrolle en geskenkpapier. Inkleurwerk – papiere in die ingangsportaal. Koekies wat gepak word vir ouetehuise. Jou tyd en hande om te help pakkies maak. Ons deel uit Saterdag 31 Nov. Wees deel van die projek. 8. Vaalmarina Christian Chruch hou ‘n “High Tea’’ Saterdag 24 Nov om 15h00. Koste beloop R100 per kaartjie. Daar sal ook pryse te wen wees. Kaartjies is by Ria by die kantoor beskikbaar. Vir meer inligting rakende die aangeleentheid kan Leonie geskakel word by 072 245 6317.